BELA-glik: Los my Afrikaans uit!

Dis bevestig. President Cyril Ramaphosa gaan Vrydag, 13 September 2024, die BELA-wet onderteken.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) doen vandag ’n beroep op elke ouer, onderwyser, student en trotse spreker van Afrikaans om saam met ons te staan ​​in die verdediging van ons reg op gehalte-onderrig in ons moedertaal. Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) bedreig die hart van ons kultuur, ons taal en die outonomie van ons skole.

Help ons om die regering te wys dat Afrikaanssprekendes regoor die land nie die uitwis van ons taal- en opvoedkundige regte sal aanvaar nie. Teken die petisie om die BELA-wet te verwerp.

Provinsie *
Ek staan die BELA-wet teen: