Die FAK is verheug oor die ruim skenking van 61 boeke van Penguin Random House vir die afgelope FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo. Die boeke, geskik vir jong lesers van graad R tot jong volwassenes tot 25 jaar oud, speel โn onskatbare rol in die bevordering van die rykdom van Afrikaanse letterkunde en kultuur onder die volgende generasie.
Lieandri Ackermann, projekbeampte van die FAK, het haar dank uitgespreek en die belangrikheid van projekte wat die jeug bevorder, beklemtoon โVir die FAK is dit baie belangrik om Afrikaans saam met ons jeug te ontwikkel. Daarom pak ons juis elke jaar projekte soos die Ekspo aan.โ
โDit is vir ons wonderlik om saam met spanne soos diรฉ van Penguin Random House te werk. Dit is inspirerend om te sien hoe hulle ook inkoop by FAK-projekte en saam met ons hande vat om ons taal en kultuur die toekoms in te dra en โn liefde daarvoor by ons jong mense te kweek,โ se Ackermann.
Charissa de Wet, bestuurder van plaaslike projekte en uitvoerende administrasie by Penguin Random House, is instrumenteel in die toesig oor en bestuur van plaaslike publikasie-inisiatiewe, insluitend hierdie impakvolle samewerking.
โHierdie projekte strook perfek met ons strategiese doelwitte en weerspieรซl die hoรซ standaarde van uitnemendheid waarvoor Penguin Random House SA bekend is,โ het De Wet gesรช.
In haar rol bied De Wet ook deurslaggewende uitvoerende ondersteuning deur haar kundigheid te benut om bedrywighede te verbeter en produktiwiteit te bevorder. Haar leierskap verseker dat inisiatiewe soos hierdie nie net aan verwagtinge voldoen nie, maar dit oortref, wat die FAK se missie om Afrikaanse erfenis wรชreldwyd te vier en bevorder, versterk.
Die FAK spreek hartlike dank uit aan Penguin Random House vir hul besonderse ondersteuning en bydrae tot die Ekspo. Saam bou ons โn toekoms waar Afrikaanse letterkunde steeds inspireer, opvoed en verenig.