Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Die gevandaliseerde Trichard-Potgieter-Monument op die R532, noord van Graskop tussen God’s Window en Bourke’s Luck, is tot sy eertydse glorie herstel en op Saterdag 28 Junie weer onthul. Johan de Bruin, bemarkingsbeampte van die Kultuurtuiste het ook moue opgerol om die gevandaliseerde Trichardt-Potgieter-Monument te herstel. (Foto: Charles Rademeyer) Hierdie erfenisbaken is in 1976 [...]
Op 23 Junie 1905, vandag 120 jaar gelede, verskyn ’n gedig, “Winternag”, in die koerant 𝘓𝘢𝘯𝘥 𝘦𝘯 𝘝𝘰𝘭𝘬. Die stigter en redakteur van die koerant was Eugène Marais; hy was ook die digter van “Winternag”. “Winternag” verskyn in ’n tyd toe die Tweede Afrikaanse Taalbeweging na die Anglo-Boereoorlog begin momentum kry. Die gedig word beskou [...]
Op 31 Mei het die gemeenskap van Orania by die historiese Doornbult-konsentrasiekampterrein byeengekom om Bittereinderdag te herdenk. Hierdie dag, wat ’n openbare vakansiedag in Orania is, gedenk die einde van die Tweede Vryheidsoorlog en die ondertekening van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902. Die herdenking is afgeskop met Skriflesing en gebed deur ds. [...]