Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land. 
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:

  • Die groen vlaktes van die Karoo, afgewissel met plasse modderwater, vertel ’n storie van seën – ’n Oos-Kaap wat hierdie reënseisoen behoorlik asem kon skep. Teen hierdie vars, lewensgewende agtergrond het die FAK-Noord-Kaap onlangs ’n besoek aan die Oos-Kaap gebring, met die doel om moontlike betrokkenheid by die bewaring en instandhouding van Afrikanererfenis in dié [...]

  • Tydens die OppiHoef Kultuurfonds-komitee se jaarlikse kultuuraand en dankbetuiging was die Orania CVO-skool se saal Maandagaand 14 Oktober getooi met ’n elegansie van lig, klank en trots. In ware Orania-gees is kultuur nie net vertoon nie, maar gevier – met styl, passie en opregte dankbaarheid teenoor diegene wat dit moontlik maak om in hierdie hegte [...]

  • ’n Hoopvolle en geskiedkundige gebeurtenis het hom op die 200ste herdenking van die geboorte van pres. Paul Kruger afgespeel toe ’n brons standbeeld van dié eertydse staatsman van die ZAR amptelik op 10 Oktober op Orania in die Noord-Kaap onthul is. Meer as 2 000 mense het in die feestelikheid gedeel om Kruger, die persoon wat [...]