• Die Rapportryers se jaarlikse Nasionale Bybelvasvra-finaal is van 16 tot 18 Oktober by die FAK se Udolpho-Rivierplaas naby Parys aangebied. Veertien spanne van skole reg oor die land het byeengekom vir ’n besonderse ervaring waarin Bybelkennis, geloof, kultuur, geskiedenis, spanwerk en nuwe vriendskappe saamgevloei het. Die Nasionale Bybelvasvra is die oudste kompetisie van sy soort [...]

  • Dit word beskryf as die mees omvattende en gesaghebbende werk tot nog toe wat die verhaal van die Gelofte van 1838 en die betekenis daarvan deur bykans twee eeue van Suid-Afrika se geskiedenis naspoor. Hier staan ons steeds is ’n baanbrekerwerk uit die pen van dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste, en [...]

  • Die Opera-teater in die Suid-Afrikaanse Staatsteater het Saterdagmiddag weerklink van harmonieuse duetklanke, humor en ’n ontroerende huldeblyk tydens die 13de FAK-Afri-Duetfees. Die geleentheid, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Staatsteater (SAST), die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Dinamika Finansiële Dienste en die Gereformeerde Kerk Magalieskruin, het opnuut bevestig waarom dié fees as een van die hoogtepunte [...]

  • Die FAK-Jeugsimfonieorkes het op Vrydag 16 Oktober sy jaarlikse gala-aand in die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument aangebied. Dié geleentheid is ’n hoogtepunt op die orkes se jaarprogram en bied aan die jong musikante die geleentheid om die vrugte van ’n jaar se harde werk, toewyding en musikale ontwikkeling ten toon te stel. Familielede, vriende, [...]

  • Die Con Spirito Afrikaans Skoledebat se nasionale finaal het op 23 en 24 September by die pragtige Montpellier de Tulbagh in die Wes-Kaap plaasgevind, waar die land se voorste jong debatteerders byeengekom het om hul taalvernuf, redenasievermoë en debatvaardighede teen mekaar op die proef te stel. Gedurende die tweedaagse finaal het topdeelnemers uit verskillende [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) doen ’n dringende beroep op besighede, inwoners en erfenisliefhebbers om saam op te tree nadat die kop van die burgerfiguur op die Anglo-Boereoorlog-monument op Lichtenburg se dorpsplein die afgelope naweek afgekap is. Volgens die FAK vorm dié jongste daad van vandalisme deel van ’n jarelange patroon van verwaarlosing, [...]