Die FAK se Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade het vanjaar op ’n hoë noot afgesluit met bykans 2 000 leerders wat deelgeneem het en uitsonderlike prestasies gelewer het. Nege internasionale graadwenners is aangewys, saam met twee algehele wenners wat die hoogste punte onder onderskeidelik laerskool- en hoërskoolleerders behaal het. Daarbenewens is die laer- en hoërskool met [...]
Die langverwagte oomblik het aangebreek! Ná maande van skryfwerk, beoordeling, mentorskap en openbare stemming het die FAK Skryf’it Liedjieskryfkompetisie 2026 uiteindelik sy wenner opgelewer. Ma en dogter, Aniel en Milah Redelinghuys is vandag as die wenners van Skryf’it aangewys tydens die Toeka tot Toekoms Erfenisdagfees by die Voortrekkermonument. Hulle wenlied, “Bittermooi Boland”, is deur [...]
Uitnemende jong kunstenaars, redenaars, skrywers en uitvoerende kunstenaars van reg oor Suid-Afrika is onlangs vereer tydens die Con Spirito Nasionale Prestigeprysuitdeling, wat op Sondag 13 September by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, Johannesburg, plaasgevind het. Hierdie jaarlikse prestigegeleentheid bring die land se toppresteerders op kulturele en artistieke gebied bymekaar en bied erkenning aan leerders en [...]
Die afwagting onder Afrikaanse musiekliefhebbers loop hoog nadat die top-5-finaliste van die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie 2026 aangekondig is. Ná maande se beoordelingsrondes en openbare stemming staan vyf besonderse liedjieskrywers en hul ghoeroes uit meer as 1 000 inskrywings gereed om op Erfenisdag om die gesogte titel mee te ding.Die publiek kry van 18 tot 22 September die [...]
Die Afrikaanse Filatelievereniging van Pretoria (AFP) bied van 24 tot 26 September ’n besonderse filateliese (seël-) uitstalling in die Voortrekkersaal by die Voortrekkermonument aan. Die uitstalling vorm deel van die breër Erfenis 2026-inisiatief, ’n samewerkingsprojek tussen die AFP, die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), die Erfenisstigting en die Filateliese Federasie van Suid-Afrika (PFSA), met die [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydag 28 Augustus hulde gebring aan twee uitsonderlike legendes in die Afrikaanse musiekwêreld toe Christopher Torr en Anton Goosen tydens ’n besonderse geleentheid in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument vereer is. Die geleentheid het hulde gebring aan die twee kunstenaars se blywende bydrae tot die Afrikaanse liedkuns [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
