• Vryheid en oorvloed, die jongste werk van dr. Carel Boshoff, voorsitter van die FAK-direksie, is op 15 Augustus tydens ’n ontbyt in die Kruger-galery by die Voortrekkermonument bekendgestel. Dié bekendstelling was ter afsluiting van die FAK se weeklange 150ste herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Volgens Boshoff is dit ’n [...]

  • “Afrikaans het nie uit niks ontstaan nie. Daar was eeue van botsings en bydraes, ryk verhale, wat tot haar vorming gelei het. Deur dié stories te herontdek, gee ons mense weer ’n gevoel van eienaarskap van hul taal.” Só sê dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, oor sy nuutste publikasie Hoek toe of [...]

  • 31 Mei het besonderse historiese waarde in ons geskiedenis. Op 31 Mei 1902 is die Vrede van Vereeniging in Melrose Huis, Pretoria, onderteken. Dit het ’n einde aan die verwoestende Anglo-Boereoorlog (ABO) en die verskroeideaardebeleid gebring, maar ook die einde van vrye Boererepublieke ingelui.Op 31 Mei 1910 het die Unie van Suid-Afrika beslag gekry – [...]

  • Die Onvoltooide Gesprek, ’n versameling van prof. Danie Goosen se uitgebreide bydraes oor dekades heen, is Saterdag 8 Maart amptelik bekendgestel tydens die gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM), die Erfenisstigting (ES) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Dié boekbekendstelling was nie net ’n geleentheid ter viering van die organisasies se toekomsgerigte planne nie, [...]

  • Dr. Danie LangnerOns Here Jesus het self hierdie twee intense emosionele belewenisse by mekaar uitgebring in sy Bergpredikasie: “Salig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matt. 5:4).In ’n aangrypende boek van net meer as 100 bladsye, vertel dr. Danie Langner van Treur en Troos wat mekaar in ’n tuin ontmoet en mekaar [...]

  • Die bekende skrywer en joernalis Elize Parker het onlangs haar gewilde Laeveld-drieluik afgesluit met die derde en laaste boek, Waar die doringbome sing. Dié boek voltooi dan eindelik haar trilogie wat bestaan uit die eerste twee boeke – Stil vloei die Komati en Wanneer skaduwees kantel. Hierdie nuwe boek ondersoek kragtige temas soos verlies, geloof [...]

  • Op versoek van die Vaktaalskakelkomitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om die Handhaaf-en-Boureeks wat in 1936 gepubliseer is, deeglik te hersien, ruim aan te vul en in handige sakformaat in druk uit te gee. Hierdie lys van motorterme is die eerste van die [...]

  • Taalhandhawing was aan die begin die belangrikste taak van die FAK. Die noodsaaklikheid van woordelyste vir Afrikaanste terme is besef. Die eerste woordelyste wat sedert 1930 verskyn as deel van die Handhaaf-en-Boureeks, sluit in Engels-Afrikaanse woordelyste vir motorterme, kruideniersterme en slagtersterme. Professor PJ Nienaber het as eerste redakteur  van die Handhaaf-en-Boureeks ook lyste gepubliseer met [...]

  • Die FAK het die kunste en kunstenaars gedurende die #korona-inperkingstydperk ondersteun, veral deur bewusmaking. Die soeklig is ook geplaas op diegene wat in die geskiedenis baanbrekerswerk gedoen het met die skryf van Afrikaanse tonele. Gedurende die tyd van inperking het die FAK gratis e-publikasies van vorige toneelstukke gepubliseer. Lê lekker in die gemak van [...]

  • Hoewel die jaar einde se kant toe staan, het ’n aantal kunstenaars nuwe musiek vrygestel; onder hulle is die eerste enkelsnit vanaf ’n gewilde sanger se jongste album, die temaliedjie van ’n televisieprogram op kykNET, ’n liedjie wat opgedra is aan een van die gewildste Springbok-rugbyspelers op die oomblik en die eerste enkelsnit deur ’n [...]