Die FAK se Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade het vanjaar op ’n hoë noot afgesluit met bykans 2 000 leerders wat deelgeneem het en uitsonderlike prestasies gelewer het. Nege internasionale graadwenners is aangewys, saam met twee algehele wenners wat die hoogste punte onder onderskeidelik laerskool- en hoërskoolleerders behaal het. Daarbenewens is die laer- en hoërskool met [...]
Die langverwagte oomblik het aangebreek! Ná maande van skryfwerk, beoordeling, mentorskap en openbare stemming het die FAK Skryf’it Liedjieskryfkompetisie 2026 uiteindelik sy wenner opgelewer. Ma en dogter, Aniel en Milah Redelinghuys is vandag as die wenners van Skryf’it aangewys tydens die Toeka tot Toekoms Erfenisdagfees by die Voortrekkermonument. Hulle wenlied, “Bittermooi Boland”, is deur [...]
Uitnemende jong kunstenaars, redenaars, skrywers en uitvoerende kunstenaars van reg oor Suid-Afrika is onlangs vereer tydens die Con Spirito Nasionale Prestigeprysuitdeling, wat op Sondag 13 September by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, Johannesburg, plaasgevind het. Hierdie jaarlikse prestigegeleentheid bring die land se toppresteerders op kulturele en artistieke gebied bymekaar en bied erkenning aan leerders en [...]
Die afwagting onder Afrikaanse musiekliefhebbers loop hoog nadat die top-5-finaliste van die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie 2026 aangekondig is. Ná maande se beoordelingsrondes en openbare stemming staan vyf besonderse liedjieskrywers en hul ghoeroes uit meer as 1 000 inskrywings gereed om op Erfenisdag om die gesogte titel mee te ding.Die publiek kry van 18 tot 22 September die [...]
Die Afrikaanse Filatelievereniging van Pretoria (AFP) bied van 24 tot 26 September ’n besonderse filateliese (seël-) uitstalling in die Voortrekkersaal by die Voortrekkermonument aan. Die uitstalling vorm deel van die breër Erfenis 2026-inisiatief, ’n samewerkingsprojek tussen die AFP, die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), die Erfenisstigting en die Filateliese Federasie van Suid-Afrika (PFSA), met die [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydag 28 Augustus hulde gebring aan twee uitsonderlike legendes in die Afrikaanse musiekwêreld toe Christopher Torr en Anton Goosen tydens ’n besonderse geleentheid in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument vereer is. Die geleentheid het hulde gebring aan die twee kunstenaars se blywende bydrae tot die Afrikaanse liedkuns [...]
Wat vier jaar gelede as ’n inisiatief deur SingFonix en die FAK begin het, het die afgelope naweek opnuut bewys dat dit ’n gevestigde hoogtepunt op Gauteng se koorkalender geword het. Die vierde Monumentale Koorfees is van 21 tot 23 Augustus by die Voortrekkermonument aangebied, waar 21 kore van reg oor Gauteng die geleentheid [...]
Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV) het op 13 Augustus sy 100-jarige bestaan met ’n glansryke gala-aand in die Odeion-saal van die Universiteit van die Vrystaat gevier. Die aand was ’n viering van ’n eeu van mense, musiek, voordrag, dans, drama en stories wat oor geslagte heen ’n belangrike rol in die ontwikkeling van jong talent in [...]
Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie is besig om sy hoogtepunt te nader met die top- tien-finaliste wat onlangs aangewys is en een van hulle woon in Bloemfontein!Nelmari Albertse Oosthuysen se liedjie, Want jy is is ‘n KI musikale verwerking en haar Ghoeroe is Danie Reënwolf.Dit was ’n verbete stryd oor die afgelope vyf stemrondes toe die publiek vir [...]
Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie is besig om sy hoogtepunt te nader met die top- tien-finaliste wat onlangs aangewys is en twee van hulle woon in Mpumalanga.1. Rudolph Viljoen se liedjie, Passie Vuur is ‘n KI musikale verwerking en hy woon in Standerton. Sy Ghoeroe is William Wolf.2. Coenie Naudé se liedjie, Geraas is ‘n oorspronklike musikale verwerking [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00
