Helen Faber, βn jong skrywer, is aangewys as βn wenner in die kortverhale-katagorie by die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo, wat bewys is van haar liefde vir storievertel en haar harde werk.
βDrie woorde: Ongelooflik, onbeskryflik, onmoontlik!β Het Helen gesΓͺ oor haar oorwinning in die ope-afdeling. βMy droom is om eendag βn gepubliseerde skrywer te wees, maar ek het so bietjie in myself getwyfel toe ek vanjaar ingeskryf het. Dit voel steeds onwerklik.β
Omdat Helen haarself wou uitdaag, het sy vir βn hele klomp kategorieΓ« ingeskryf.
βMy gunstelingkategorie om voor in te skryf, is gewoonlik die kortverhaal, aangesien dit net die regte lengte is om kreatief te wees, maar nie van die storie af te dwaal nie. Hierdie jaar het ek besluit om uit my gemaksone te tree en vir soveel as moontlik kategorieΓ« in te skryf,β het sy gesΓͺ. Sy het βn kortverhaal, drie gedigte, βn opstel en βn resensie ingeskryf.
Helen vind inspirasie in die alledaagse lewe. βInspirasie is oral β in βn vreemdeling se glimlag, βn interessante gebou of βn foto op Pinterest,β het sy gedeel. Haar stories en gedigte is geΓ―nspireer deur die mense vir wie sy lief is. βDaar is niks soos liefde om jou oor die toekoms te laat dink nie,β het sy gesΓͺ.
Haar resensie het gehandel oor haar gunsteling- Afrikaanse fliek, Vir die VoΓ«ls, terwyl haar opstel oor haar skooldae gehandel het en hoe dit haar oor die toekoms laat dink het.
Hierdie oorwinning is net die begin vir Helen. Met haar passie vir skryf en dryfkrag om te groei, sal sy verseker nuwe hoogtes bereik.