
Lady was daar. Kom reis saam!
Wat as geskiedenis nie soos ’n handboek gevoel het nie, maar soos ’n avontuur?
Stel jou voor jou kind stap saam met ’n nuuskierige klein hondjie deur die strate van antieke Rome, kuier in Leonardo da Vinci se werkswinkel, luister hoe filosowe oor groot idees gesels en beleef die maanlanding eerstehands.
Dit is presies waarvoor Lady was daar geskep is.
Lady is ’n klein Pekingnese met ’n groot nuuskierigheid. Wanneer sy haar oë oopmaak, bevind sy haar telkens op ’n ander plek en in ’n ander tyd. Sy ontmoet kunstenaars, wetenskaplikes, konings, ontdekkingsreisigers en gewone mense wat die wêreld verander het. Saam met haar ontdek lesers dat geskiedenis veel meer is as datums en feite – dit is stories van mense, drome, ontdekkings en moed.
Word VANDAG ‘n Vriend van die FAK
As nuwe Vriend van die FAK ontvang jy ’n eksklusiewe bekendstellingsaanbod:
Kry Deel 1 van Lady was daar vir slegs R395 en ontvang Deel 2 GRATIS!
Hierdie spesiale aanbod is slegs beskikbaar vir nuwe vriende van die FAK en is die ideale geleentheid om saam met Lady op haar ongelooflike reis deur die geskiedenis te vertrek.
Slaan vandag nog munt uit dié eksklusiewe aanbod. Vul eenvoudig die kontakvorm hieronder in, of stuur ’n Whatsapp met jou Naam en die woord Lady na 081 586 7048.
