“Stop die regering se aanval op Afrikaans!  Nie net wil die ANC bepaal wat jou kinders leer nie, nou wil hulle ook bepaal in watter taal jou kinders moet leer. Hierdie drakoniese Bela-wet is ongrondwetlik, oneties en anti-Afrikaans. Dit lê in ons hande om ons eie te beskerm. Wie gaan opstaan om jou kind se toekoms in Afrikaans te beskerm? Dit hang slegs van ons af! Laat jou stem hoor! Deel hierdie petisie en staan die Bela-wet teen!”