Pak jou rugsak, sit jou sonhoed op en kom stap saam met die FAK op hierdie historiese plaas ‎tussen Franschhoek en Stellenbosch. Besoek ook ná afloop van die 5 km-staptog die 19de-eeuse ‎herehuis, La Rhone, wat saam met die werf tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is en ’n ‎getroue weergawe is van hoe dit in 1812 gelyk het.‎

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R125
  • Ontmoetingspunt: Vergelegen-wynlandgoed, Somerset-Wes
  • Eindbestemming: Vergelegen-wynlandgoed, Somerset-Wes
  • Duur van toer: ‎±4 ure
  • Groepgrootte: Maksimum 20 mense
  • Wat het jy nodig? Stapskoene, water, en sonbrandroom