Bring ONS geskiedenis terug skole toe!

Vir die FAK is dit van kardinale belang dat ons kinders van ons eie geskiedenis moet leer.

Jare gelede was die meerderheid van ons geskiedenis uit die skoolhandboeke weggelaat, maar dit is tyd om hande te vat en seker te maak dat ons kinders ook van hulle eie herkoms kan leer!

Soos wat die Gelofte lees: “dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel”, het ons julle hulp nodig om die Gelofte na te kom en ons kinders daarvan te leer.

Jý kan ons help om ons onderhandelingsmag met die onderwysdepartement te versterk, deur hierdie petisie te teken.

Hier is hoe jy kan help:

  • Teken die petisie.
  • Vra jou vriende en familie om dit ook te doen.

Saam kan ons verseker dat ons kinders en kleinkinders leer van hulle herkoms en sò ook ons Gelofte betaal! Teken nou en help ons om ’n verskil maak!

In watter provinsie is jy woonagtig? *