Kom besoek saam met die FAK die Doornbult-konsentrasiekamp tussen Orania en Hopetown. Loop waar bejaardes, kinders en vrouens ondraaglike omstandighede moes verdra. Kom lê ’n krans neer by die hartseer gesig van 310 grafte en bied erkenning aan dié wat hier in rus en vrede lê. Dis ’n ervaring wat mens hard tref, maar tog verrykend is.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere kan aangebied word op aanvraag
  • Koste: Gratis
  • Ontmoetingspunt: Orania. Presiese ontmoetingspunt word met groep gereël.
  • Eindbestemming: Private plaas
  • Duur van toer: 2-3 ure
  • Groepgrootte: Geen beperking
  • Wat het jy nodig? Eie vervoer, gemaklike skoene, water, hoed en sonbrandroom