Op Saterdag, 17 Augustus het Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Noordelike Kultuurnetwerk saam met vriende en ondersteuners die belangrike taak onderneem om verwaarloosde oorlogsgrafte by die geskiedkundige Maitland-begraafplaas buite Kaapstad te herstel. Dié begraafplaas, wat op 4 Februarie 1888 geopen is, is die laaste rusplek van soldate wat tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë in Suid-Afrika gesterf het, asook burgers wat aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het.

Tussen die grafte is dié van Boere-krygsgevangenes uit die Vrystaat en Transvaal wat tydens die Anglo-Boereoorlog by die Groenpunt-krygsgevangenekamp aangehou is. ‘n Massagraf in die begraafplaas dra die name van 52 mans wat op die gevegsfront gevange geneem is, na Groenpunt gestuur is en later aan siektes soos enteritis en dermbrandsiekte tydens hul verblyf beswyk het. Hierdie manne was bestem vir ballingskapkampe in die buiteland, maar het nooit die reis gemaak nie.

Daarbenewens is daar twee individuele grafte: een van Frederick Francois Deysel, wat op 23 April 1900 op die ouderdom van 44 aan enteritis gesterf het, en die ander van Petrus Jacobus Schreuder, wat op 29 Januarie 1901 op 46-jarige ouderdom aan Bright’s siekte, nou bekend as nefritis, oorlede is.

Met verloop van tyd het hierdie grafte toegegroei met welige Port Jackson-bome, en die terrein het verval. Ten spyte van ‘n koue oggend het die toegewyde vrywilligers agt bome afgekap, wortels en takke verwyder en die grafte en omliggende gebied van onkruid en puin skoongemaak. ’n Digte aangrensende heining is ook geknip en opgeruim. In ‘n besonder uitdagende taak is die swaar granietsteen op een van die grafte wat omgeval het versigtig uitgegrawe en deur kollektiewe pogings opgelig en weer op die graf geplaas.

Die herstelpoging was ‘n dawerende sukses, en het waardigheid herstel na die laaste rusplek van hierdie oorlogshelde. “Ons het ons doelwit bereik om waardigheid na hierdie laaste rusplek vir ons oorlogshelde te herstel,” het Elizma Smith, die FAK-span gesê. Die FAK Northern Suburbs Cultural Network spreek diepe dankbaarheid uit aan almal wat aan hierdie betekenisvolle inisiatief deelgeneem het.