BETHLEHEM
Bethlehem Geloftefees
Geloftefeesterrein oorkant lughawe op Preekstoelpad
16/12: 08:45 Samesang / 09:00 Verwelkoming / Vlagseremonie / Lees van Gelofte / Geloftediens – ds. Abri Pelser / Kollekte / Verkiesing van Geloftekomiteelede / Bedankings / 10:00 Koffie/tee, verversings en gesellige samesyn / 10:30 Braaivleisvure word aangesteek / Musiek en sang met
vaderlandsliedere / Bejaardes geniet gratis ete en gemeenskapslede kan meedoen met bring
en braai
Kontak: Danie Eichstädt 082 336 2353 / danieeic@absamail.co.za
Bethlehem Volkskansel Geloftediens
Volkskanselsaal op Lindleypad
16/12: 10:00 Geloftediens – Ev. JJ Uys
Kontak: Hardie Meyer 082 411 8976 / volkskanseljhwh@gmail.com
Laertrek Geloftefees
Laertrek Geloftefeesterrein tussen Bethlehem en Kestell
11/12 – 15/12: 18:30 Verootmoediging elke dag
16/12: 09:30 Vlaghysing / 10:00 Koffie en tee / 10:30 Geloftediens / 12:00 Middagete – bring ’n piekniekmandjie en kom kuier saam
Kontak: Gerrie Claassen 076 844 0472 / admin@uniteam.co.za
BLOEMFONTEIN
Bergkraal Geloftefees
Bergkraal Feesterrein op Maselspoort-Verkeerdevleipad
16/12: 10:00 Biduur / 10:30 Historiese vertelling / 11:30 Geloftediens / Saam eet
Kontak: Ds Robbie du Toit 084 401 6117 / robbiedutoit12@gmail.com
Bloemfontein-Suid Geloftefees
Plaas Williamstrip, 31 km op Jagersfonteinpad, draai regs na Hagesdam, Steunmekaar, 1 km
draai regs na Williamstrip
As jy aan die HERE jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie, want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word. – Deut. 23:21
16/12: 08:45 Vlaghysing / 09:00 Skriflesing & gebed / Die Stem vers 4 / Verwelkoming / Lees
van Gelofte / Samesang / Geloftediens – ds. André van der Berg Terblanché / Historiese oorsig – dr. Jann Schlebusch / Kollekte / Kort feesvergadering / Saamkuier – bring toebroodjies, kouevleis en koeldrank
Kontak: Dr. Jann Schlebusch 072 959 3214 / jann.schlebusch@gmail.com
Dankbaar Geloftefees
Vrouemonument, Monumentweg, Bloemfontein
Pred. 5:3: As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is
geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
16/12: 09:00 Samesang / 09:15 Geloftediens – ds. Henri Scherman / Herbevestiging van Gelofte / Feesrede – prof. Andries Raath / Kinders-jeugvertelling / Kranslegging by Gedenknaald / Afsluiting Die Stem 4de strofe
In 1838 was die toestand in Natal haglik. Verskeie moorde op die Trekkers, die dood van die belangrikste leiers en algehele neerslagtigheid onder die Voortrekkers het tot gevolg gehad dat daar weinig hoop op oorlewing was.
Nou is dit 2023, 185 jaar later. Alhoewel die omstandighede anders is, kan ons nogeens met groot vrymoedigheid ons toevlug tot God Drie-enig neem.
Daarom die oproep: Kom ons verootmoedig ons weereens voor God Drie-enig van Wie ons geheel afhanklik is.
Verdere inligting: Formele kranse word namens ons volk gelê / Ander instansies, verenigings en kerkrade word genooi om ook kranse te lê / Gesinne en individue word aangemoedig om ook eie kranse of blomme te kom lê / Trek gerus tradisionele volksdrag aan / Bring eie stoele en sambrele / Pak gerus piekniekmandjie vir saamkuier
Kontak: Abraham Landman 071 600 1990 / abrahamsa@hotmail.co.za
BOSHOF
Boshof Geloftefees
Boshof Wildsveilingskrale
16/12: 10:00 Geloftediens / Feesrede
Kontak: Piet Cornelissen 083 447 8909 / pietc@me.com
BOTHAVILLE
Bothaville Geloftediens
NG Meyerhof kerk
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Dylan Allen / Tee en verversings
Kontak: Dalene Brink 073 195 1540 / dalenebrink0@gmail.com
Bothaville Gemeenskapskerk Geloftediens
24 Van Zylstraat, Bothaville, 9660
16/12: 09:00 Geloftediens – past. Fires van Vuuren
Kontak: Past Fires van Vuuren 082 294 9893 / firesvanvuuren@absamail.co.za
Loskuil Geloftefees
Loskuil Laerskoolsaal, Bothaville-Odendaalsruspad
16/12: 09:00 Samesang / 09:30 Geloftediens / 11:30 Gesamentlike ete
Kontak: Lamon Vermaak 083 351 4510 / lamonvermaak@yahoo.com
CLOCOLAN
Clocolan Geloftefees
Clocolan Skougronde
16/12: 08:30 Kranslegging / 09:30 Geloftediens / Saamkuier
Kontak: Thian Heyns 083 985 9917 / tjtheyns@gmail.com
FRANKFORT
Van Rheenenskop Geloftefees
Tussen Frankfort en Oranjeville
16/12: 09:30 Geloftediens / Tee / Interessanthede rondom die Slag / Middagete – word voorsien, eie eetgerei
Kontak: SW Graaff 082 335 3103 / swgraaff@gmail.com
HARRISMITH
Bo-Cornelisrivier Geloftefees
Willem Odendaal Feesterrein op plaas Groenfontein, Harrismith-Verkykerskoppad
13/12: 19:00 Besigheidsvergadering (Slegs huisouers) / 20:00 Jeug kenmekaar
14/12: 07:00 Godsdiens en Gelofte / 09:00 Vertrek van Perdekommando / 10:00 Ontmoet spreker en leraar / 11:30 Perdekaskenades / 15:00 Waatlemoenfees / 15:00 Jukskei / 19:30 Onvoorbereide toesprake
15/12: 07:00 Godsdiens en Gelofte / 10:00 Basaar – Schoeman Huis / Basaarveiling / 13:00 Basaarete / 15:00 Jukskei / 18:00 Gesinsprogram en Kampvuur
16/12: 09:00 Geloftediens – past. Charl Kalmer / Klipstapeling en hernuwing van Gelofte / 11:00 Feesrede – prof. Frans-Johan Pretorius / 15:00 Jukskei / 18:00 Voordragwedstryd / 20:00 Voorlees van joernaal
17/12: 09:00 Oggenddiens / 11:00 Jukskei en Kinderkaskenades / 13:00 Jukskei finaal / 18:00 Bring en braai
18/12: 06:00 Afsluiting en kampopslaan
Kontak: Karien Odendaal 083 659 9298 / karienodendaal2@gmail.com
Retiefklip Geloftefees
Retiefklip Feesterrein – Harrismith-Bethlehempad 4,7 km, links met R74 Bergville-Phuthaditjhaba-pad 8.4 km, links met Retiefklippad
Ons visie: Om God te dank, die Gelolfe te hou en ons kultuur en geskiedenis uit te bou
15/12: Laertrek / 19:00 Aandgodsdiens / Bevestiging van Gelofte / Voorstelling van Jeugspeletjies en saamkuier
16/12: 10:00 Geloftediens en kinderkerk / Hernuwing van Gelofte / Klipstapeling / Stalletjies met eetgoed te koop / 12:00 Saamkuier en Bergmark / 19:00 Aandgodsdiens: Die Grot / Geloofsverklaring / Volkspele / Kampvuur en sang / Jeugspeletjies en saamkuier
17/12: 08:00 Erediens en kinderkerk / 10:30 Besigheidsvergadering / 16:30 Bergwedloop en Jukskei / 19:00 Aandgodsdiens / Geloofverklaring / Talentkompetisie / Verskeidenheidskonsert / Rondomtalie arms / Teedrink: Groep 6
18/12: 07:00 Biduur by Retiefklip: Groep 6 / 09:30 Boeresport en waatlemoenfees / 19:30 Aandgodsdiens / Geloofverklaring / Lees van joernale / Teedrink: Die Grot / Jeug lanternkruip
19/12: 07:00 Biduur – Coetzee Kamp / Groettyd
Voor die Voortrekkers o.l.v. Piet Retief in 1837 vir die eerste keer Natal binnegetrek het, het hulle hier tydelik uitgespan en het eerw. Erasmus Smit die gebied Kerkenberg genoem, omdat dit hom aan ’n kerk of plek van aanbidding herinner het.
Kontak: Ilda Janse van Rensburg 082 779 3360 / ildajvrensburg@gmail.com
HEILBRON
Vegkop Geloftefees
Vegkop Geloftefeesterrein
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Jurie Venter / Feesrede – adv. Marius Ackerman / Kranslegging / Huldeblyk / Sing saam met trompetspeler – Carlo Wright / Kospakkies en koeldrank te koop
Kontak: Hennie Naudé 083 269 9293 / hennien@heilbron.co.za
HENNENMAN
Samekoms Geloftefees
15/12: 17:00 Ligte aandete te koop / 19:00 Plaaslike verhoogproduksie
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Joe Muller / Koek en tee / AJV / 14:00 Talentkompetisie / Middagete te koop / 15:00 Boeresport / 18:00 Bring en braai / Kampvuur
Kontak: Christine Bouwer 082 773 9297 / cpbothariptill@gmail.com
HOBHOUSE
Hobhouse Geloftefees
NG Kerk Hobhouse
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Johnny van Zyl / Vertelling vir kinders / Gratis verversings
Kontak: Meiring van der Merwe 082 770 5322 / ddvandermerwe@yahoo.com
KOPPIES
Greenlands Geloftefees
Greenlands Feessaal, Vredefortweg, Begraafplaasterrein
15/12: 17:00 Basaar / Voorlaaiersskiet / Kleiduifskiet / 19:00 Konsert
16/12: 09:30 Kranslegging / Geloftediens – ds. Hennie Hattingh / Feesrede – SJ Du Venhagen Venter / Saamkuier en ete – bring eie eetgerei
Kontak: Charlotte Smalberger 082 379 4457 / smalbergercharlotte@gmail.com
Rooiwal Geloftefees
NG Kerk Koppies Weltevrede
16:12: 09:00 Geloftediens / Feesrede – Jacques Groenewald
Kontak: Jan-Lodewyk Serfontein 082 371 9807 / jan@serfontein.co.za
KROONSTAD
Kroonstad Geloftediens
NG Moederkerk Kroonstad
16/12: 09:00 Gesamentlike Geloftediens – ds. Nico van Rensburg
Kontak: Dries Otto 082 923 3113 / ajotto@compuking.co.za
Onder-Heuningspruit Geloftefees
Onder-Heuningspruit feessaal
16/12: 10:00 Geloftediens – ds. Herman Kok / Feesrede – Gerhard Kotzé
Kontak: Carl Visagie 083 462 7378 / cjvisagie@hotmail.com
Randjieslaagte Geloftefees
Randjieslaagte Geloftefeesterrein
16/12: 09:00 Geloftediens / Feesrede / Verversings
Kontak: Marié Crous 072 159 1472 / mariecrous@gcs.co.za
LINDLEY
Doornkloof Geloftefees
Doornkloof Voortrekkerplaas, Lindley-distrik
15/12: Bring en braai – vure beskikbaar
16/12: 07:30 Koffie, beskuit en muffins / 09:30 Geloftediens – ds. Izaan Ellis / 10:30 Feesrede – Willem Petzer / 11:15 Tee en verversings / 12:00 Optog en kranslegging – Vrystaat Voortrekkers / 13:00 Spitbraai en bykosse (word voorsien) – bring eie eetgerei en drinkgoed; vir oorslaap R150 pp
Kontak: Helga Wessels 083 388 0289 / helgawessels@yahoo.com
Groenvlei Geloftefees
Plaas Groenvlei, Lindley
15/12: 18.30 Braaivleis ete / 20:00 Toneelopvoering / Dans
16/12: 10:00 Geloftediens – ds. Stephan Conradie / 11:00 Feesrede – Frik Wentzel / Kranslegging by grafte / Tee en koffie
Kontak: Jannie van der Berg 082 535 0205 / jannie@vomberg.co.za
MEMEL
Bothaspas Geloftefees
14/12: Heeldag laer trek / 18:00 Stokbrood en kuier om die vuur
15/12: 08:00 Boekevat / 11:00 Boeresport vir almal, oud en jonk! / 13:00 Basaar o.a. boereworsrolle en pannekoek te koop / 15:00 Feesgangersvergadering / 19:00 Verskeidenheidskonsert met toneelopvoering
16/12: 08:45 Kommando arriveer / 09:00 Lees van Gelofte en vlaghysing / 10:00 Geloftediens – ds. Etresia van Schalkwyk / 11:30 Feesrede – ds. Fritz Olivier / 13:00 Gesamentlike hooimied-ete, bring eie eetgerei en drinkgoed / 15:00 Voordrag van gediggies (alle kinders moet kom opsê) / 18:00 Kampvuur en kuier, Bybelvasvrae oor Rigters 4 – 16
17/12: 11:00 Erediens / 13:00 Bring en braai – vure, pap en sous word voorsien.
Kontak: Sarina van der Sandt 082 535 7550 / sarinavds@gmail.com
ODENDAALSRUS
Saamtrek Geloftefees
Saamtrek Geloftefeesterrein, op S639 Odendaalsrus-Losdoornspad
16/12: 09:30 Opening – Jaco Grobbelaar / 09:45 Geloftediens – ds. Jannie Erasmus / 11:00 Feesrede – prof. Pieter Labuschagne / Gratis ete – bring eie eetgerei
Kontak: Jaco Grobbelaar 082 417 2517 / jacogrobb@gmail.com
ORANJEVILLE
Saambou Geloftefees
Saambou Geloftefeesterrein (langs plaas van Nicci Oosthuizen)
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Tommie van Vuuren / Feesrede / Tee en verversings
Kontak: Hannes Malan 084 658 5132 / hannes.malan13@gmail.com
PARYS
Udolpho Geloftefees
Udolpho rivierplaas
12/12: 8:00 Oggendprogram: Die Wapadrand Boeredansgroep / 14:00 Geskiedkundige toer na Liedenbergkoppie en Liebenberggrafte / 19:00 Gelofte-aflegging deur Karien Viljoen (afstammeling van Sarel Cilliers)
13/12: 14:00 Kleilat, kettie- en windbuks skiet en Boeresport / 19:00 Gelofte-aflegging deur Jaco Cilliers (afstammeling van Sarel Cilliers)
16/12: 9:30 Hekke open / 10:00 Geloftediens by die Liebenberglaer op Udolpho, publiek welkom vanaf 9:30
Kontak: Jan-Danie Malan 082 965 7002 of Udolpho Kultuurplaas 056 818 1197
PETRUSBURG
Perdeberg Geloftefees
Perdeberg Boerevereniging-saal (50 km vanaf Kby rigting Bfn op N8, aan linkerkant)
Perdeberg Geloftefees bied aan feesgangers ’n unieke ervaring aangesien die Anglo-Boereoorlog
Wesfront-slagvelde op die voorstoep van die feesterrein geleë is. Vir meer inligting aangaande die Slagveldroete skakel ons.
16/12: Geloftediens – ds. Hennie Briel / Feesrede – dr. Pieter Groenewald / Vandusiedrift-slagveld waar die interaktiewe besoekersentrum bekendgestel word – dr. Louis Bothma / Koue koeldrank en worsbroodjie – op die oewer van die Modderrivier
Kontak: Retha Nel 082 466 7886 / nelmarnus@yahoo.com
PHILIPPOLIS
Philippolis Geloftediens
NG Kerk Philippolis
16/12: 09:30 Gesamentlike Geloftediens – ds. Schalk Strauss / Feesrede – Pieta Oosthuizen
Kontak: Johan Botes 083 273 7482 / johan.botes4@gmail.com
SENEKAL
Senekal Geloftefees
NG Moederkerk, h.v. Noorder- & Van Riebeeckstraat
11/12: Herdenking van Paardekraal Gelofte
16/12: 09:30 Geloftediens
6/4/2024: Herdenking van Van Riebeeck Gelofte
Kontak: Marcel de Kock 083 980 7232 / mdk@lantic.net
TWEELING
Hooggelegen Geloftefees
Geleë tussen Petrus Steyn, Frankfort en Tweeling
Die Hooggelegen Geloftefeeskommissie doen ’n ernstige beroep op elke man, vrou en kind om die Gelofte aan ons Skepper op 16 Desember na te kom en uit te leef. Ons volk is diep bewus van die huidige sorgwekkende verloop van gebeure en van die onweerswolke om en in ons geliefde vaderland. Alleen deur aan Hom getrou te bly, het ons ’n erfreg om hierdie land as erfenis te aanvaar.
16/12: 08:00 Vroeë biduur / 09:30 Geloftediens – ds. Zackie van Rensburg / Samesang / Koorsang / Lees van Gelofte / Kollekte / Koorsang / 11:00 Feesrede – ds. Ruan Combrink
17/12: 09:30 Erediens – ds. Ryno van As
Kontak: Amelda Viljoen 072 467 1237 / haviljoen5258@gmail.com
VERKEERDEVLEI
Rietfontein Geloftefees
Rietfontein Feesterrein
15/12: Terrein oop vir kampering / 17:30 Vlaghysing en opening met Skriflesing en gebed / Kampvuur
16/12: 07:00 Openingsgebed / 09:30 Samesang en feesrede / 10:30 Tee & koffie – bring eie bekers / 11:00 Geloftediens / 12:00 Samesang / 13:00 Middagete @ R80 pp – bring eie eetgerei / 14:30 Boeresport en jukskei / 17:00 Vlagstryking
Kontak: Wimpie Mynhardt 083 260 9373 / wimpiemynhardt@gmail.com
VILJOENSKROON
Viljoenskroon Geloftefees
NG Kerk Viljoenskroon
16/12: 09:00 Gesamentlike Geloftediens – ds. Thys Burger (uitsending ook op YouTube) / Gesellige samekoms
Kontak: Louis Botha 083 411 9544 / bodeel1@gmail.com
WELKOM
Welkom Geloftefees
NG Kerk Welkom-Suid
16/12: 09:00 Geloftediens – dr. Dawie Botes / Lees van Gelofte / DVD Slag van Bloedrivier / Geselligheid met waatlemoen, toebroodjies, koffie, tee en koeldrank
Kontak: Weitz Botes 082 780 8518 / weitzbotes.wb@gmail.com
WESSELSBRON
Tierfontein Geloftefees
Tierfontein Geloftefeesterrein 33 km vanaf Bultfontein op die R719 na Wesselsbron
16/12: 09:00 Geloftediens – ds. Werner Viljoen / 12:00 Bring & braai – vure, braaiers en bykosse word voorsien, bring eie kampstoel / Pret vir kinders met boeresport en watergat
Kontak: Ikus le Roux 072 556 1564 / ikusenkarien@gmail.com
WINBURG
Winburg Voortrekkermonument
Gelofteherdenking Winburg Voortrekkermonument 6de jaar
16/12: 08:00 Motorfietsryers uit die omliggende streek kom saam met ander Geloftefeesgangers bymekaar by die Voortrekkermonument te Winburg / 10:00 Geloftediens – kapelaan Peet Venter / Feesrede – Willie van der Merwe / Kuier saam by Winburg Hotel
Kontak: Natashia Fourie 079 521 3989 / deonbotha45@gmail.com