Vanaf 9–15 Augustus vier ons die 150ste bestaansjaar van die GRA – ’n merkwaardige mylpaal in ons geskiedenis! Hierdie spesiale week is gevul met uiteenlopende geleenthede wat die publiek nooi om saam te vier. Van erfenisgesentreerde praatjies en opvoedkundige uitstappies tot kultuurvertonings, musiek en gemeenskapsaktiwiteite – daar is iets vir almal.
Ons nooi elkeen uit om deel te word van hierdie historiese viering. Kom beleef die stories en mense die GRA oor die afgelope eeu en ’n half gevorm het. Lees gerus verder vir die volledige program en besonderhede oor hoe jy kan deelneem aan hierdie week van herdenking en feesviering.
PROGRAM
9 Augustus 2025

Pretloop
8:00-11:00 | Markplein
Pretloop vir Afrikaans (wegspring by die letters).

Uitstallings
8:00-17:30 | Terrein
Kwilt-uitstalling | Senotaafsaal
BCVO-uitstalling | Senotaafsaal
Modeltreintjies-uitstalling | Pioniersentrum

Stalletjies
8:00-19:00 | Markplein
Grootste Kerkbasaar in Pretoria.

Fakkelloop
9:00-12:00 | Suikerbosrand
SJ du Toit-fakkelloop

Boekmark
9:00-14:00 | Uitspan-stoep
Reuse Afrikaanse boekmark

Handvlytskou
9:00-18:00 | Kruger-galery
Allerlei produkte wat met die hand gemaak is.

Samesyn
15:00-17:00 | Kroeg
Happy hours

Optrede
17:00-19:00 | Markplein
Skryf’it-finaal
10 Augustus 2025
12 Augustus 2025

Funksie
09:00 | FAK-Liedjietuin | Per uitnodiging
FAK-Prestige-oggendtee. Geslote funksie met uitnodigings na gaste.
13 Augustus 2025

Boekbekendstelling
09:00 | FAK-Liedjietuin | Per uitnodiging
Hoek toe of hof toe deur dr. Danie Langner. Geslote funksie met uitnodigings na gaste.

Speletjiebekendstelling
13:00 | FAK-Liedjietuin | Per uitnodiging
Afrikaans 100 bordspeletjiebekendstelling. Geslote funksie met uitnodigings na gaste.
14 Augustus 2025

Taalsimposium
08:00 | Kruger-galery | Per uitnodiging
FAK en AB: GRA 150 Taalsimposium. Geslote funksie met uitnodigings na gaste.
GRA GESKIEDENIS
Die Genootskap van Regte Afrikaners
Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 gestig.
Die doel van die Genootskap was nie net om Afrikaanse taal te bevorder nie, maar ook om die Afrikaanse kultuur in sy geheel te ondersteun.

Wie was die GRA?
Die rede vir hierdie naam van die Genootskap was dat die manne gevoel het dat daar in daardie stadium drie verskilende Afrikaners in Suid-Afrika was naamlik:
- Afrikaners met Hollandse harte wat nog vasklou aan hulle Hollandse verlede en die moederland in Europa wat hulle reeds 225 jaar gelede verlaat het.
- Afrikaners met Engelse harte wat die taal en kultuur van die Engelse regering aanvaar het as hul eie.
- Regte Afrikaners met Afrikaanse harte wat die taal en kultuur van die nuwe land aangehand het. Hierdie laaste groep was die mense wat hulle wou verenig in die Genootskap van Regte Afrikaners.
Konteks: Die rede hiervoor was dat die Britse ryk in die negentiende eeu wêreldwyd kolonies gehad het en hulle eie kultuur, wat hulle as superieur beskou het, op hierdie kolonies se mense wou afdwing. Die Britse kultuur het ‘n baie groot invloed op al hierdie kolonies gehad en veral ook in Suid-Afrika waar die nuwe jong Afrikaanse kultuur nog nie so goed gevestig was nie. Dit was nie die doel van die GRA om hierdie Britse kultuurinvloed op die jong Afrikaanse kultuur teen te werk nie.








