Aprilmaand is ’n belangrike maand in die Afrikanergeskiedenis en hiérdie vakansie kan jý hierdie verhale opnuut saam met die FAK leer ken …

Die Dankie Jan-staptoer (2 April) en besoek aan drie besondere Kaapstad-museums (3 April) én Jan en Hendrik se tuin (5 April) beloof om jou op ’n besonderse reis deur die geskiedenis te neem wat afsluit met ’n Voetslaan by Boschendal (7 April).

Trek jou veters vas en kom stap in die spore van die Nederlanders en Franse Hugenote!

Op 6 April 1652 kom die eerste Nederlanders, onder bevel van Jan van Riebeeck, in Tafelbaai aan. Dekades later, op 13 April 1688 arriveer die Voorschooten, die eerste van die skepe met Franse Hugenote, in die Kaap en die res is, soos hulle sê geskiedenis …

Hoewel hierdie dae, Stigtingsdag, en Hugenotedag (25 April), vandag nie meer as publieke vakansiedae gevier word nie, is die invloed van die Nederlanders en die Franse steeds ’n belangrike deel van ons alledaagse lewe: Die Suid-Afrikaanse koskultuur, argitektuur, godsdiens, taal, landbou, wingerdbou, musiek, tradisies en leefwyse is vandag ’n blywende nalatenskap van dié mans en vroue wat hul wortels aan die Suidpunt van Afrika kom plant het – jóú wortels.

Of jy hou van museums, stap, ou geboue of tuine, die FAK se Kaap-kantoor het iets op ons vakansieprogram vir jou en jou gesin.

Kom saam met ons en ervaar die avontuur in geskiedenis, brei jou algemene kennis uit, geniet die samesyn met ander en laat die reëlings en logistiek aan ons oor terwyl jy en jou gesin of vriende net in die motor klim en opdaag.

Wat kan jy verwag?

Dankie Jan-staptoer

Ons verken die VOC-geskiedenis van Kaapstad te voet vanaf Roggebaai tot in Goewermentslaan.

Datum: ‎ ‎ 2 April 2025‎
Tydsduur: ± 4½ ure
Bymekaarkomplek: Thibault-plein‎
Tyd: 09:00‎
Eindbestemming: Die Kompanjiestuin ‎
Koste: R150.00 per volwassene ‎
‎ R100.00 per kind (5-17 jaar)
Toegangsfooi by besoekpunt, ligte verversings en begeleide storievertellings ingesluit
Skryf in teen: 31 Maart

Drie besondere Kaapstad-museums
Verplaas jouself na ’n tyd lank gelede. ’n Besoek aan Suid-Afrika se oudste huismuseum, die Koopmans-de Wet-huis in Strandstraat, gee jou ’n kykie in die lewe aan die Kaap in die 1800’s. Kaapstad se stadsaal verras met ongewone artefakte en pragtige Europese dekor. Rust en Vreugd, gebou in 1778, was die woning van die VOC-fiskaal.

Datum: ‎ ‎ 3 April 2025‎
Ontmoetingplek: Kaapstad-stadsaal
Tyd: 09:00 ‎
Eindbestemming: Koopmans-de Wet-huis
Koste: R190.00 per volwassene ‎
‎ R 130.00 per kind (5-17 jaar)
Toegangsfooi by besoekpunte, ligte verversings en begeleide storievertellings ingesluit
Skryf in teen: 31 Maart
Bespreek jou plek hier!

Jan en Hendrik se tuin

Enkele dae na hul aankoms begin Jan van Riebeeck en sy bemanning grond voorberei vir aanplantings om vars vrugte en groente aan verbygaande skepe te kan voorsien. Onder die sorg van die hooftuinier, Hendrik Boom, ontwikkel die bekende Kompanjiestuin in Kaapstad. Besoek saam met ons ’n mooi tuin maar gaan huis toe met ’n magdom stories uit Van Riebeeck se dagboek wat hierdie tuin besonders maak.

Datum: ‎ ‎ 5 April 2025‎
Ontmoetingsplek: Die Kompanjiestuin, Kaapstad
Tyd: 08:00–12:00
Koste: R90.00 per persoon ‎
Skryf in teen: 31 Maart
Moet dit nie misloop nie. Bespreek nou jou plek!

Voetslaan by Boschendal

Die plaas Boschendal is in 1685, vanjaar 340 jaar gelede, deur goewerneur Simon van der Stel aan die Franse Hugenoot Jean de Long toegeken. Kom stap saam op hierdie landgoed met ’n pragtige herehuis, vandag ’n nasionale gedenkwaardigheid, en meer as 300 jaar se geskiedenis.

Datum: 7 April 2025
Waar: Boschendal-landgoed, Pnielweg, Franschhoek
Tyd:‎ ‎ ‎ ‎ 08:00‎
Koste: ‎ R110.00 per volwassene
R 70.00 per kind (3-17 jaar)
Skryf in teen: 3 April
Sluit by ons aan en herontdek jou erfenis. Bespreek jou en jou gesin se plek hier.