
Dis tyd vir avontuur!
Die FAK nooi al die jong ontdekkers en dromers uit om saam terug te reis na die tyd van die Groot Trek!
Met twee opwindende nuwe kompetisies – ’n inkleurkompetisie vir die jong kunstenaars en ’n storieskryfkompetisie vir die jong skrywers – vier ons die erfenis van moed, geloof en avontuur wat die Groot Trek simboliseer. Of jy nou met kleurpotlode of woorde werk, dis jou kans om jou eie stukkie geskiedenis te skep en wonderlike pryse te wen!
Kies die kompetisie waarvoor jy wil inskryf:
Kleur jou erfenis in!
Die FAK nooi jong kunstenaars tussen 4 en 9 jaar uit om deel te neem aan die Groot Trek-Inkleurkompetisie – ’n prettige manier om die geskiedenis van die Groot Trek deur kreatiwiteit en kleur te vier.
Kies een van die Groot Trek-prentjies wat beskikbaar gestel word, kleur dit mooi in en stuur dit vir ons terug. Deelnemers kan hul prente op twee maniere indien:
-
Laai dit op via die FAK-webblad, of
-
Stuur dit per WhatsApp na 081 586 7048
Pryse:
Die drie mooiste inkleurprentjies sal met wonderlike pryse beloon word:
-
Die wenprente verskyn in die amptelike Geloftedag-program van 2025, met die kunstenaar se naam daarby.
-
Die wenners ontvang ‘n snelrykaartjie na Geloftedag. Die wenner se gesin is ook welkom om snelrykaartjies hiér aan te koop.
-
Die hoofwenner ontvang ’n R1000 geskenkbewys van Udolpho Rivierplaas.
Belangrike datums:
-
Sluitingsdatum vir inskrywings: 1 Desember 2025
-
Wenners word aangekondig: 8 Desember 2025
Laai die prentjies hieronder af:
Stuur jou prentjies vir ons:
Groot Trek-skryf-en-voorleggingskompetisie
Die FAK nooi jong skrywers tussen 10 en 17 jaar uit om deel te neem aan die Groot Trek-skryf-en-voorleggingskompetisie, ’n unieke geleentheid om jou stem te laat hoor en jou trots vir ons geskiedenis te deel.
Een talentvolle deelnemer sal die eer hê om “Die Gelofte” op 16 Desember 2025 by die Voortrekkermonument voor te lees voor duisende mense,’n ware hoogtepunt in ons nasionale erfenisviering.
Wat om te doen:
-
Skryf ’n storie van maksimum vyf paragrawe oor die Groot Trek en wat dit vir jou persoonlik beteken.
-
Vertel ons wat jy dink en hoe jy voel oor Bloedrivier en Die Gelofte.
-
Neem ’n kort video van 30 sekondes op waarin jy jou woorde self voordra.
Hoe om in te skryf:
-
Laai jou skryfstuk en video op via die FAK-webblad (voltooi die vorm hieronder), of
-
Stuur dit per WhatsApp na 081 586 7048.
Pryse:
Die deelnemer met die beste skryfstuk en voorlegging ontvang:
-
Die voorreg om “Die Gelofte” voor te lees by die Voortrekkermonument op Geloftedag 2025.
-
Publikasie van jou storie in die amptelike Geloftedag-program van 2025 met erkenning aan jou naam.Die wenners ontvang ‘n snelrykaartjie na Geloftedag. Die wenner se gesin is ook welkom om snelrykaartjies hiér aan te koop.
-
’n R1000 Udolpho Rivierplaas-geskenkbewys.
Belangrike datums:
-
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
-
Wenners aangekondig: 8 Desember 2025
Gebruik jou woorde, wys jou trots, en skryf saam aan die storie van die Groot Trek – deur jou eie stem en jou eie styl.
