Taalhandhawing was aan die begin die belangrikste taak van die FAK. Die noodsaaklikheid van woordelyste vir Afrikaanste terme is besef. Die eerste woordelyste wat sedert 1930 verskyn as deel van die Handhaaf-en-Boureeks, sluit in Engels-Afrikaanse woordelyste vir motorterme, kruideniersterme en slagtersterme. Professor PJ Nienaber het as eerste redakteur  van die Handhaaf-en-Boureeks ook lyste gepubliseer met skoenmakersterme, kookterme  en fotografiese terme.

Op sportgebied het Engels-Afrikaanse woordelyste vir rugby, sokker, krieket, skyfskiet, brugspel, atletiek, boks, swem, waterpolo, tennis, biljart, hokkie, korfbal en gholfterme verskyn.

Afrikaans is op landbougebied gevestig deur die pamfletreeks: Die Boer en sy taal. Boere is ook aangemoedig om Afrikaanse sakeondernemings te ondersteun.

Hierdeur het die FAK ’n saakmakende bydrae gelewer vir die vestiging van Afrikaans op alle lewensterreine. 

Met die moderne tegnologie waarmee ons nou saamleef, word hierdie lyste nou gedigitaliseer en ons stel graag die eerste een bekend: Krieketterme.

Vul die onderstaande vorm in om jou gratis krieketterme e-publikasie te ontvang.