Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Die FAK-Brandfort-Kultuurnetwerk het hul belofte om die Brandfort-konsentrasiekampbegraafplaas skoon te maak, nagekom. In Maart het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) aangekondig dat nog ’n kultuurnetwerk in die sentrale streek gestig is. Dit is dié Brandfort-Kultuurnetwerk. Hul grootste doel is om die Brandfort-konsentrasiekampbegraafplaas op te knap en vandeesweek het hulle hierdie doel bereik. “Ons [...]
Mediaverklaring 9 April 2024 Stigtingsdag is ’n dag waarop ons as Afrikaners ons herkoms kan vier. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Kultuurnetwerke in die sentrale streke van die land het op Saterdag 6 April Stigtingsdag gevier (die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap in 1652) met “Noot-vir-Noot”-geïnspireerde musiekpret. Hierdie unieke [...]
Mediaverklaring 9 April 2024 Die Rustenburg-navorsingsfees het dié dorp die afgelope naweek behoorlik laat wemel. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge se Rustenburg-Kultuurnetwerk het Stigtingsdag (6 April 1652, toe Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het) aan die hand van ’n familienavorsingsfees gevier, waar lede van die publiek die geleentheid gekry het om hul [...]