Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Die Heldeakker het vandag gemeenskapslede, kultuurorganisasies en plaaslike groepe suksesvol bymekaargebring om die geskiedkundige Heldeakker-begraafplaas in Pretoria vir Krugerdag voor te berei. Die lenteseisoen wat nou behoorlik aangebreek het, was die perfekte rede om vandag te begin skoonmaak toe die eerste bloeisels die bome begin versier het. Belanghebbendes van verskeie organisasies, waaronder die Jakaranda Korps, [...]
Erfenismaand, in die Vrystaat, is by die FAK se Udolpho Rivierplaas gevier met veldflieks, kultuuraktiwiteite en 'n kruis wat geplant is vir die Liebenberg-moorde. Op 21 en 24 September het Udolpho gewemel van opgewondenheid met ryk kulturele geleenthede om Erfenisdag te vier. Die feesvieringe het op 21 September afgeskop met 'n spesiale veldfliekaand met "Spook [...]
Danksy Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en lede van die gemeenskap het 30 bejaardes vir die eerste keer die merkwaardige Vegkop-slagveldterrein, naby Heilbron in die Vrystaat, kon besoek en beleef. Die FAK se Sentraal-Kultuurnetwerk het op 18 September ’n besondere toer vir bejaardes na die Vegkop-slagveldterrein gereël, waar die ryk geskiedenis van hierdie belangrike [...]