Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 27 Maart 2023 FAK vereer stoeiheld: die Gemaskerde Wonder Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke, tesame met die Alberton stoeiklub het 25 Maart, 80 jaar na sy afsterwe, die lewe vereer van Johannes van der Walt wat dalk beter bekendstaan as die Gemaskerde Wonder. Johannes van der Walt was in die [...]

  • Mediaverklaring 3 Maart 2023 Dirkie Uys Voortrekkerkommando skiet wortels Op die 200ste herdenking van Dirkie Uys se verjaardag wat vandag op 3 Maart 2023 plaasvind, gedenk die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Dirkie Uys Voortrekkerkommando die lewe van een van die bekendste kinderhelde. Ter herdenking het hierdie Voortrekkerkommando, wat die trotse beskermhere [...]

  • Mediaverklaring 6 Februarie 2023 70 herdenk moord op Retief, 185 jaar ná sy dood Op Sondag, 5 Februarie het 70 Kapenaars van vroegoggend af stapgereed byeengekom op Welvanpas-wynlandgoed, die historiese geboorteplaas van Piet Retief. Lede van die FAK-kultuurnetwerke in die Kaap en hul vriende het byeengekom om op die spore van Retief te stap [...]