Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 17 Februarie 2023 Die “vader van Afrikaans” landswyd vereer Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het gister, op die geskiedkundige geboortedag van die “vader van Afrikaans”, Arnoldus Pannevis, sy lewe en sy bydrae tot die stigting van Afrikaans as amptelike taal landswyd gevier. Van die Kaap tot in Transvaal het die Kaapse kultuurnetwerk [...]

  • Mediaverklaring 28 Februarie 2023 Parow gemeenskap ontdek nuwe waardering vir erfenis Inwoners uit Parow het op Saterdag 25 Februarie saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk in die Kaap, die graf van ’n ou legende in dié omgewing opgeknap. Kaptein Parow, waarna die omgewing vernoem is, is nou weer skoon vir [...]

  • Mediaverklaring 25 Februarie 2023 Brits/Hartebeespoortdam-gemeenskap maak ’n verskil Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Brits/Hartbeespoortdam-Kultuurnetwerk het in samewerking met Koersvas Voortrekkerkommando, dit op hulle skouers geneem om die Bart Pretorius Voortrekkerbegraafplaas naby Broederstroom, skoon te maak en op te knap. Dit is vanjaar die 185ste gedenkjaar van die Groot Trek en alhoewel die [...]