Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
Deur Marianda Schlebusch Wie is deel van die FAK-Kultuurnetwerke? As ons FAK-Kultuurnetwerke voorstel as ’n tafel, met lede van ’n familie rondom, wat die kultuurorganisasies voorstel, kyk ons die volgende ruk na elke “familielid” rondom die tafel. Volkspelebeweging Die gedagte van ’n eie Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het in 1912 by SH Pellissier ontstaan. Hy [...]
