Laerskool Welgemoed se geesdriftige deelname aan die jaarlikse FAK-Afrikaans-Ekspo is beloon toe die skool onlangs as die nasionale laerskoolwenner vir 2024 aangewys is. Personeel van die FAK se kantoor in die Wes-Kaap het die toekenning aan Johan Engelbrecht, hoof van Laerskool Welgemoed, oorhandig.
Onder leiding van Hanmari Pretorius, dié skool se Afrikaans-vakhoof, het Laerskool Welgemoed ook ses kategoriewenners opgelewer. Die tema vir 2024 was Toekoms.
Laerskool Welgemoed het veral in die poësiekategorie uitgeblink. Leerders van graad 4 tot 7 kon hiervoor inskryf. Kara Rathbone (graad 4), Ruben van Zyl (graad 5) en Lara Greeff (graad 7) het as kategoriewenners vir poësie uit die stryd getree.
Met hul dagboekinskrywings was Amelia Deacon en Pierre Charles Oosthuizen die wenners van dié kategorie in graad 6 en 7, terwyl Anru Schoonwinkel die graad 7- wenner in die opstellekategorie was.
In die foto:
Johan Engelbrecht (skoolhoof), Kara Rathbone, Ruben van Zyl, Amelia Deacon en Hanmari Pretorius.