
Kom besigtig die terrein waar die ikoniese veldslag van Magersfontein plaasgevind het. Aan die voet van die Magersfontein-koppie op die doringboom-besaaide vlakte het die Boere een van hul oortuigendste veldslae gedurende die Anglo-Boereoorlog behaal. Dit is hier waar jy inspirerende dade van die Boere kan herleef en per voet kan loop waar daar vir die gesogte vryheid van die Boererepublieke geveg is. Staan bo-op die koppie met die wind wat liggies waai en voel die son se strale.
• Datum: Toere kan aangebied word op aanvraag
• Koste: R80 per persoon
• Ontmoetingspunt: Word gereël na belang van groep
• Ontmoetingstyd: Word gereël na belang van groep
• Duur van toer: 2 ure (vervoertyd na terrein nie in berekening nie)
• Groepgrootte: Onbeperk
• Wat het jy nodig? Eie vervoer, versnaperings en water