Skip to content
  • Nuus
    • Hoofnuus
    • Video’s
    • Resensies en Publikasies
    • Mediaverklarings
    • Flink
  • Kultuur en Geskiedenistoere
  • Projekte
  • Kultuurnetwerke
  • Udolpho
  • Afrikanergeskiedenis
  • Musiekerfenis
  • Toekennings
  • FAK-Fasiliteite
  • FAK-VTM Kunsgalery
  • Vriende van die FAK
  • Kontak ons
  • Kaartjies
Loading...
  • MEDIAVERKLARINGS

MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
  • 𝐏𝐢𝐞𝐭𝐞𝐫𝐬𝐛𝐮𝐫𝐠 𝐤𝐨𝐧𝐬𝐞𝐧𝐭𝐫𝐚𝐬𝐢𝐞𝐤𝐚𝐦𝐩 – ’𝐧 𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐢𝐧𝐤𝐨𝐨𝐩 𝐞𝐧 𝐬𝐮𝐤𝐬𝐞𝐬

    Die Pietersburg-konsentrasiekamp het vandag ’n splinternuwe baadjie aan en dit is als te danke aan Hester Roodt, ondervoorsitter van die FAK-Kultuurnetwerk in dié dorp. Aan die begin van die jaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) reeds groot planne in plek gehad om hierdie erfenisterrein te restoureer. Met Roodt aan die stuur van sake [...]

    LEES MEER
  • Herdenking van Gustav Preller-familienalatenskap by historiese Pelindaba-begraafplaas  

    Vandag is die 149ste herdenking van die geboorte van Gustav Schoeman Preller, ’n sleutelfiguur in Suid-Afrikaanse geskiedenis, letterkunde en Afrikanerkultuurbewaring.   Die afgelope Saterdag, 28 September, het die afstammelinge van die Preller-gesin by die geskiedkundige Gustav Preller-familiebegraafplaas in Pelindaba, bymekaargekom om hulde aan hul voorgeslagte te bring. Die herdenking is bygewoon deur lede van die [...]

    LEES MEER
  • Publiek vat hande vir Heldeakker-opruimaksie ter voorbereiding vir Krugerdag

    Die Heldeakker het vandag gemeenskapslede, kultuurorganisasies en plaaslike groepe suksesvol bymekaargebring om die geskiedkundige Heldeakker-begraafplaas in Pretoria vir Krugerdag voor te berei. Die lenteseisoen wat nou behoorlik aangebreek het, was die perfekte rede om vandag te begin skoonmaak toe die eerste bloeisels die bome begin versier het. Belanghebbendes van verskeie organisasies, waaronder die Jakaranda Korps, [...]

    LEES MEER
  • Animato A Capella-kompetisie wys jong talent van regoor Suid-Afrika

    Die Animato A Capella-sangkompetisie is vanjaar vir die tiende jaar op 4 en 5 Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied. Skole uit die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en die Wes-Kaap het deelgeneem. Jong sangers van regoor die land het gekom om deel te neem aan die finale rondte van vanjaar se Animato A Capella-kompetisie. [...]

    LEES MEER
  • Erfenisdag by die Voortrekkermonument vier Genealogie en Familie-erfenis

    Die Voortrekkermonument het op Erfenisdag behoorlik gewemel van opgewondenheid met die lang verwagte Genealogie- en Familiefees wat weer vanjaar aangebied is. Die geleentheid, ’n geliefde tradisie, het vir feesgangers ’n unieke geleentheid gebied om diep in hul familiewortels te delf terwyl hulle ’n verskeidenheid aktiwiteite geniet wat toegewy is aan die bewaring van familie-erfenis. Die [...]

    LEES MEER
  • Erfenisdagvieringe by Udolpho: ‘n Naweek van geskiedenis, kultuur en tradisie

    Erfenismaand, in die Vrystaat, is by die FAK se Udolpho Rivierplaas gevier met veldflieks, kultuuraktiwiteite en 'n kruis wat geplant is vir die Liebenberg-moorde. Op 21 en 24 September het Udolpho gewemel van opgewondenheid met ryk kulturele geleenthede om Erfenisdag te vier. Die feesvieringe het op 21 September afgeskop met 'n spesiale veldfliekaand met "Spook [...]

    LEES MEER
Previous303132Next

Voortrekkermonument,  Eeufeeslaan,

Groenkloof

012 301 1777

081 586 7048

© Kopiereg 2023 | Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

Bepalings & voorwaardes

Privaatheidsbeleid

Page load link

WORD ‘N

VRIEND

Go to Top