Die FAK nooi almal wat Afrikaans praat en lief is vir Afrikaans om saam met ons ’n wye ‎draai te maak deur die Paarl om van baken tot baken weer die herkoms, uniekheid en ‎storie van Afrikaans te herontdek. ‎

Om die verhaal van Afrikaans na behore te volg en die taalpioniers te leer ken, besoek ons ‎nie net die bekende taalbakens soos die Afrikaanse Taalmonument en die Afrikaanse ‎Taalmuseum nie, maar ook minder bekendes.‎

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R180 (Toegangsfooie by besoekpunte, toergidse, verversingspakkie, koffie & beskuit ingesluit)
  • Ontmoetingspunt: Klein Gim
  • Eindbestemming: Afrikaanse Taalmonument
  • Duur van toer: ± 5 ure
  • Groepgrootte: Maksimum 30 mense
  • Wat het jy nodig? Eie voertuig, stapskoene, water en sonskermroom