Indien enige van jou gaste ook ’n direkte afstammeling is van ’n Trekkerleier of Slag van Bloedrivier-held, moet hulle asb. afsonderlik registreer, aangesien elkeen se naam op hulle eie herdenkingstoekenning individueel verskyn en nie een sal ontvang as hulle nie self registreer nie.
Ons wil graag soveel as moontlik afstammeling-inligting bekom om die stambome te voltooi en ook so kan bevestig dat elkeen van julle wel ’n direkte afstammeling is vir ons rekords.
Sal jy asb. so gaaf wees om julle familieboom se inligting in te vul.