Red Kerkplein!
Ons het die antwoord!
Ons, die ondergetekendes, verklaar hiermee ons steun vir ’n volhoubare oplossing om die Paul Kruger-beeldegroep op Kerkplein in Pretoria te beskerm én te bewaar.
Die probleem:
Die herhaalde vandalisering van die Paul Kruger-standbeeld en die vier boerewagte bedreig een van Pretoria se mees ikoniese erfenisbakens. Elke aanval ontwortel ons geskiedenis, vererger verdeeldheid en laat ’n wond in die hart van die Jakarandastad.
Ons oplossing:
Die FAK en ander rolspelers het reeds daadwerklik opgetree:
✅ 3D-afdrukke is van die oorspronklike beelde gemaak.
✅ Lewensgetroue afbeeldings is gedruk.
✅ 80% van die gietvormwerk is reeds voltooi.
Ons antwoord:
Plaas hars-replikas van die beeldegroep op Kerkplein, terwyl die oorspronklike Anton van Wouw-beelde veilig op die Voortrekkermonument-terrein vir toekomstige geslagte bewaar word.
Ons plan:
✔️ Behou Kerkplein se karakter en geskiedenis in sy historiese konteks.
✔️ Beskerm ’n onvervangbare kunswerk teen verdere skade.
✔️ Bied ’n praktiese, kostedoeltreffende oplossing waar politieke wil ontbreek.
Ons vra:
Die Stad Tshwane en alle betrokke besluitnemers om:
- Hierdie plan amptelik te steun en te implementeer.
- Samewerking met die FAK en ander rolspelers te prioritiseer om Kerkplein te red.
- Erkenning te gee dat erfenisbeskerming van nasionale belang is en almal raak.
Steun ons:
Teken hierdie petisie om te sê:
💬 “Ons weier dat ons erfenis verwoes word.”
💬 “Ons kies ’n oplossing wat werk.”
💬 “Ons het die antwoord.”
Maak ons stem sterk:
Elke handtekening maak ons stem sterker om namens die gemeenskap aksie te neem. Deel hierdie petisie – laat jou vriende, familie en kollegas weet: Ons het die antwoord – en ons gaan Kerkplein red!
Teken die petisie:
Ek gee toestemming dat die FAK my persoonlike inligting mag insamel, stoor en gebruik vir direkte bemarking van die FAK se dienste en promosies, in ooreenstemming met POPIA. Ek verstaan dat ek my toestemming enige tyd kan onttrek.



