WEBWERF PRIVAATHEIDSBELEID

5.1. Sekere inligting oor die Gebruiker kan outomaties verkry word terwyl die Gebruiker deur die Webwerf navigeer. Dit sluit in, maar is nie noodwendig beperk tot, die Gebruiker se internetprotokoladres, internetblaaier sagteware en domein. Dit help die FAK om die Webwerf te bestuur en funksionaliteit te bied. Die FAK mag hierdie inligting vir interne doeleindes gebruik, maar sal dit nie aan enige derde partye verskaf nie.

5.2. Die Gebruiker kan die FAK van die Gebruiker se persoonlike inligting voorsien. Die Gebruiker gee toestemming dat die FAK sodanige inligting mag gebruik vir die doel waarvoor dit bekend gemaak word, en die FAK sal dit nie beskikbaar maak aan derde partye sonder die Gebruiker se toestemming nie.

5.3. Deur jou persoonlike inligting aan die FAK te verskaf—

5.3.1. Gee jy toestemming dat jou naam, van, kontaknommer, en e-posadres versamel sal word deur die FAK en gestoor, verwerk, en behou sal word op die FAK se toerusting en sagteware.

5.3.2. Gee jy toestemming dat hierdie persoonlike inligting gebruik mag word vir direkte bemarking (hetsy mondelings, per telefoon, skriftelik, of in enige ander vorm) van enige aanbiedinge en promosies deur die FAK.

5.3.3. Hierdie toestemming word geag volle toestemming te wees ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (No. 4 van 2013) (POPIA).

5.3.4. As jy enige van jou persoonlike inligting wil verander, opdateer of uitvee, kan ‘n e-pos gestuur word aan die Inligtingsbeampte van die FAK, Mnr Willem Scholtz, by willem@kultuurtuiste.org.za.

5.3.5. As jy enige klagtes het oor hoe jou persoonlike inligting deur die FAK versamel, verwerk en/of gestoor word, kan sodanige klagtes gestuur word aan die Inligtingsbeampte van die FAK, Mnr Willem Scholtz, by willem@kultuurtuiste.org.za.

5.4. Deur te versoek of aan te dui dat die Gebruiker die FAK se nuusbrief of enige ander nuusbrief wat op die Webwerf versoek kan word, wil ontvang, gee die Gebruiker toestemming dat die FAK sodanige nuusbrief en enige ander inligting of materiaal wat die FAK van mening is van belang mag wees vir die Gebruiker, aan die Gebruiker stuur.