
Die Rebelspoorvasbyt is ’n staproete in die Kalahari waar deelnemers op die spore van die rebelle van 1914 stap. Wat hierdie toer so besonders maak, is dat deelnemers so bietjie uit hul gemaksone geneem gaan word wanneer ons op die spore van Jan Kemp, Manie Maritz en Albert Stadler gedurende die Rebellie van 1914/1915 reis. Jy gaan plekke besoek waar jy nog nooit was nie, dinge uit jou geskiedenis leer wat jy nie geweet het nie, en op plase – waar jy nie eers dink iemand bly nie – met ope arms ontvang word.
Ons stap ’n sirkelroete saam met dr. Louis Bothma wat ons toerleier is en die geskiedenis deel. Vreemdelinge gaan vriende word. Aandetes word voorberei en bagasie word met voertuie vervoer sodat jy lig kan stap en ten volle die geskiedenis kan indrink.
- Datum: 10-13 April 2025
- Koste: R950 per persoon
- Ontmoetingspunt: Uizip-plaas
- Eindbestemming: Uizip-plaas
- Duur van toer: 3 nagte en 4 dae
- Afstand: 50 km
- Groepgrootte: Maksimum 30 mense
- Wat het jy nodig? Tent, stapskoene, beddegoed, etes vir 3 oggende, versnaperings deur die dag, sonbrandroom en water