In die jaar waarin Afrikaans sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal vier, word die kollig nou op jóú geplaas – ja, op jou stem, jou woorde, en jou musiek. Die FAK het vir die eerste keer ooit ‘n Afrikaanse liedjieskryfkompetisie van stapel gestuur, en dit gaan groot wees. Dié is jou kans om nie net deel van kultuurgeskiedenis te wees nie, maar ook om R75 000 se pryse los te slaan.


Skryf’it is méér as net ‘n kompetisie. Dit is ‘n viering van taal, kultuur en kreatiwiteit. ‘n Passievolle inisiatief wat Afrikaanse liedjieskrywers – jonk én oud – aanmoedig om hul unieke stories, perspektiewe en emosies deur musiek te deel. Hier kry jy die ruimte om kuns te skep wat nie net treffend is nie, maar ook ‘n kulturele nalatenskap agterlaat.


Skryf die wenlied en staan ‘n kans om te wen:

  • ‘n Professionele musiekvideo wat op televisie en sosiale media uitgesaai gaan word.
  • ‘n Liedopname van topgehalte in ‘n professionele ateljee
  • PR en bemarking
  • ‘n Amptelike vrystelling van jou treffer deur die FAK in die 2029 sangbundel
  • En die kersie op die koek: R25 000 kontant – reguit in jou sak

Skryf’it poog om ‘n kreatiewe platform te bied vir opkomende en gevestigde liedjieskrywers om met trots, passie en talent ‘n nuwe Afrikaanse lied te skryf wat die stem van ons volk verteenwoordig en die toekoms van ons taal versterk. Want taal is ‘n hartsaak, en musiek is die klop van daardie hart.

Ons droom is om die lied te ontdek wat vir die volgende 100 jaar in die harte van elke Afrikaanssprekende se hart gaan klim – ‘n liedjie wat speel by elke troue, fees, in jou kar, en by die kombuistafel. ‘n Lied wat Afrikaans laat lééf.

Inskrywings is nou oop! Moenie wag nie – die sperdatum is 9 Junie 2025 om 12:00. Skryf nou in: www.skryfit.co.za