’n Gevestigde staproete van ongeveer 7 km, neem jou ‎by wingerde verby, op ’n kronkelpaadjie onder bome deur, na ’n waterval en ’n bergpoel ‎waarin heerlik afgekoel kan word. Op die roete leer jy ’n paar feite oor Piet Retief en ‎Welvanpas.‎
Na afloop van die stap ontspan ons op die grasperk voor die ou plaasopstal en vergelyk ons ‎antwoorde van die roete en geniet iets te ete en te drinke, na eie keuse.

BELANGRIKE INLIGTING

• Datum: Toere word op aanvraag aangebied
• Koste: R80 per persoon
• Ontmoetingspunt: Welvanpas-familie-wynlandgoed, Bovlei, Wellington
• Eindbestemming: Welvanpas-familie-wynlandgoed, Bovlei, Wellington
• Duur van toer: 4 ure
• Groepgrootte: Maksimum 30 mense
• Wat het jy nodig? Stapskoene, water en sonbrandroom