Die FAK nooi jou op ’n boeiende, avontuurlike reis wat ’n ontdekking van die geskiedenis, van ons eie wortels en van ons plek en roeping is. Op hierdie Vrijheidsreis reis ons deur oop vlaktes en golwende heuwels om die historiese en ikoniese plekke te bewonder waar helde gebore en getoë is, en gesterf het. Daar word snoesig in ossewalaers geslaap en om knetterende braaivleisvure gekuier. Ons vang sonsondergange vas by asemrowende plekke soos die Liebenberg-koppie en loop op die einste plek waar die merkwaardige wonderwerk van die Slag van Bloedrivier plaasgevind het. Hierdie is ’n reis deur historiese en geskiedkundige plekke in die teenwoordigheid van beeldskone natuurtonele waar elkeen kan aanklank vind, want almal is op soek na die ideaal van vryheid.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toer word op aanvraag aangebied.
  • Koste: Vra vir kwotasie by [email protected]
  • Ontmoetingspunt: Voortrekkermonument, Pretoria
  • Eindbestemming: Voortrekkermonument, Pretoria. Alternatief kan gaste na die laaste verblyf op hul eie reis nadat die toer afgehandel is.
  • Duur van toer: 4 aande en 5 dae
  • Afstand: 1600 km
  • Groepgrootte: Minimum 12 mense
  • Wat het jy nodig: Eie voertuig (hoëgrondvryhoogte-voertuig; verkieslik 4×4), stapskoene, sondbrandroom, hoed en versnaperings.