Ons stap saam met dr. Louis Bothma, historikus en skrywer, op die terrein van die Slag van Paardeberg. Ons verken die geskiedenis en sien presies waar die veldslag plaasgevind het. Ons het baie pret saam, maak nuwe vriende en het tyd om om die kampvuur in die aande te kuier. “As ek hoor, vergeet ek. As ek sien, onthou ek. Maar as ek doen, dan weet ek” het al die leuse van hierdie geskiedkundige roetes deur dr. Louis Bothma geword.

Ons beweeg elke dag vanaf ’n basis en aandetes word voorsien. Bring jou eie kos vir die oggende en middae, asook versnaperings vir deur die dag.  

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: 31 Oktober-2 November 2025
  • Koste: R700 per persoon
  • Ontmoetingspunt: Boereverenigingsaal, Paardeberg
  • Duur van toer: 2 nagte, 3 dae
  • Afstand: 50 km
  • Groepgrootte: Maksimum 30 mense
  • Wat het jy nodig? Beddegoed, matras, eetgerei, eie kos vir oggende en middae, stapskoene en sonbrandroom