Jovan Swart, โ€™n sewejarige deelnemer aan die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo, het sy besonderse talent ten toon gestel as wenner van sy ouderdomskatagorie (Graad R tot Graad 2).

Sy inskrywing is geรฏnspireer deur โ€™n persoonlike ervaring, die verlies van sy Ouma en Oupa toe hy vyf jaar oud was. Hierdie gebeurtenis het gelei tot diep gesprekke met sy ma oor die hemel, waar sy die hemel beskryf het as โ€™n plek gevul met helder kleure โ€“ โ€™n beeld wat aanklank gevind het by Jovan se liefde vir reรซnboรซ.

Jovan se ma, Melissa Swart, verduidelik dat hy sy afwagting vir die ewige lewe en die troos wat dit meebring, wou deel. Die wen van sy ouderdomskatagorie het Jovan vreugde en dankbaarheid gebring.

โ€œHy voel bly om te weet hy is โ€™n wenner omdat Jesus vir hom talente gegee het,โ€ het Melissa gesรช, wat sy nederigheid en geloof weerspieรซl.

Jovan se deelname aan die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo wys dat selfs die jongste stemme diepgaande boodskappe van liefde en hoop kan deel.