Die jaar staan einde se kant toe, maar dit lyk nie asof die Afrikaanse kunstenaars enigsins stilgesit het die afgelope tyd nie, aangesien โ€™n spul nuwe Afrikaanse snitte onlangs vrygestel is.
Hier is tien van die jongste Afrikaanse vrystellings, onder meer โ€™n keurspel van bekende Voortrekkerliedjies, twee nuwe snitte deur kunstenaars wat deesdae meer gereeld kontemporรชre Christelike musiek sing, โ€™n pa en seun se vertolking van โ€™n bekende patriotiese liedjie en die jongste snit deur โ€™n belowende Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer wie se eerste treffer deur โ€™n legendariese Afrikaanse sangeres opgeneem en gewild gemaak is.
โ€œ๐•๐จ๐จ๐ซ๐ญ๐ซ๐ž๐ค๐ค๐ž๐ซ-๐ฆ๐ž๐๐ฅ๐ž๐ฒโ€ โ€“ ๐Ž๐ฎ๐๐ž๐ซ๐๐จ๐จ๐ฌ
Ouderdoos het bekendheid verwerf vir die nuwe manier waarop hulle bekende Afrikaanse liedjies sing; hulle het al verskeie liedjies โ€™n harde rock-klank gegee en nou het hulle dit selfs verder gevoer. Hulle het โ€™n keurspel saamgestel van bekende Voortrekkerliedjies wat beslis by die jeuglede aanklank sal vind en miskien sal maak dat offisiere op โ€™n nuwe manier daarna sal luister. Die keurspel bestaan uit โ€œKen jy die land?โ€, โ€œDis net โ€™n worsieโ€, โ€œWandelliedโ€, โ€œWat maak โ€™n kamp so lekker?โ€ en โ€œWat maak โ€™n trekker?โ€ Dit sal maak dat selfs jong lede wat dalk hul neuse vir hierdie liedjies optrek, dit opnuut, of vir die eerste keer, sal ontdek.
โ€œ๐Š๐ž๐ง ๐ฃ๐ฒ ๐๐ข๐ž ๐ฅ๐š๐ง๐?โ€ โ€“ ๐…๐ซ๐š๐ง๐ง๐š ๐ž๐ง Riaan Benade
Franna Benadรฉ was saam met sy ouer broer Innes die eerste wenners van die televisie-talentkompetisie Debuut en saam het hulle drie albums vrygestel voordat hulle elkeen hul solo-loopbane begin volg het. Franna se seun Riaan het vier jaar gelede sy debuutalbum vrygestel en bewys dat hy beslis sy pa se talent geรซrf het. Riaan se jongste album is vroeรซr vanjaar vrygestel en hy en sy pa het vir โ€™n verrassing gesorg deur die bekende liedjie โ€œKen jy die land?โ€ op te neem. Hulle het dit by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte gesing en die gehoor het dit baie goed ontvang. Hulle het die kerklied โ€œLaat Heer U seรซn op hul daalโ€ aan die einde van hierdie opname ingesluit. Dit sal hopelik โ€™n groot radiotreffer word noudat โ€™n groter gehoor daaraan blootgestel is.
โ€œ๐•๐š๐๐ž๐ซ ๐€๐›๐ซ๐š๐ก๐š๐ฆโ€ โ€“ ๐ˆ๐ฅ๐š๐ง ๐ฏ๐š๐ง ๐’๐ญ๐š๐๐ž๐ง
Ilรกn van Staden het veral bekendheid verwerf toe hy in die musiekblyspel Die gelofte teenoor Bernice West gespeel het. Soos Bernice het hy egter nou besluit om hom al hoe meer op kontemporรชre Christelike musiek toe te spits. Met โ€œEk en my huisโ€, waarvan die video by Hoรซrskool Waterkloof verfilm is, het hy sy voornemens duidelik gestel en nou het hy dit met nรณg โ€™n Christelike liedjie opgevolg. โ€œVader Abrahamโ€ is eintlik โ€™n baie bekende Christelike kinderliedjie en hy het โ€™n vers daarvoor bygeskryf. Dit laat โ€™n mens met gemengde gevoelens; natuurlik sal kinders gaande wees daaroor en dit sal veral by gesinsdienste en byeenkomste van jongmense byval vind, maar as โ€™n mens โ€™n bietjie ouer is, sal jy dalk nie daarvan hou nie.
โ€œ๐ƒ๐ข๐ฌ โ€™๐ง ๐๐š๐ง๐ฌโ€ โ€“ ๐’๐ญ๐ž๐ฅ๐ฅ๐š
Stella, wie se regte naam Christelle Combrink is, is een van die mees talentvolle kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel. Sy kan verskeie musiekinstrumente bespeel, onder meer die klavier, trekklavier en kitaar, en sy bespeel โ€™n tamboeryn met haar voet soos โ€™n bastrom. Sy was lank stil, maar is eindelik terug met haar nuwe enkelsnit, โ€œDis โ€™n dansโ€. Volgens haar is dit โ€™n uitnodiging om net te wees wie jy is. Sy het die vermoรซ om die Woord van God op so โ€™n manier te verkondig dat dit vir almal toeganklik is, maar sonder om haar musikale integriteit prys te gee.
โ€œ๐Š๐ฅ๐จ๐ฉโ€ โ€“ ๐‚๐ก๐ซ๐ข๐ฌ๐ญ๐ข ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ข๐ž๐ค๐ž๐ซ๐ค
Christi van Niekerk het onlangs groot bekendheid verwerf toe die Afrikaanse legende Laurika Rauch haar komposisie โ€œLiewe leweโ€ opgeneem het. Nou is Christi terug met haar jongste enkelsnit, โ€œKlopโ€, waarin sy sing van die verlange na haar familie aangesien sy gereeld op die lang pad is, en die wete dat hulle vir haar wag en altyd bid dat sy veilig sal wees. Sy sing ook van iemand spesiaals wat in die Vrystaat wag. Die pragtige Ford Zodiac Merk 2 in die musiekvideo verdien ook โ€™n spesiale vermelding. Hopelik sal hierdie liedjie maak dat Christi erken word as โ€™n kunstenaar in eie reg, want sy is sonder twyfel een van die mees talentvolle liedjieskrywers wat die laaste tyd op die toneel verskyn het.
โ€œ๐’๐จ๐ง๐๐ž๐ซ ๐จ๐ฆ ๐ญ๐ž ๐ ๐ซ๐จ๐ž๐ญโ€ โ€“ ๐‚๐จ๐Ÿ๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ๐ง๐จ๐›๐ฌ
Die Briels se liedjie โ€œTrein na Pretoriaโ€ het deur die jare gemengde reaksie by Afrikaanse musiekliefhebbers uitgelok, maar dat dit โ€™n legendariese liedjie is, is โ€™n feit. Nou het die egpaar Marius en Vernette Wessels, wat die sangpaar Coffeesnobs vorm, hierdie liedjie nuut verwerk. Anders as soortgelyke verwerkings van nuwe liedjies het hulle regtig met iets besonders vorendag gekom deurdat hulle โ€™n dieper betekenis daaraan gegee het. Hulle worstel met die gedagte dat sommige mense wat โ€™n mens liefhet, soms net uit jou lewe verdwyn sonder om te groet. Daar is seker min mense wat nie al so iets ervaar het nie. Hierdie liedjie is dalk gebaseer op โ€™n bekende een, maar dit is die luister werd.
โ€œ๐‘๐ข๐›๐›๐ž๐ญ๐ฃ๐ข๐žโ€ โ€“ ๐๐จ๐ค ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ฅ๐ž๐ซ๐ค ๐ž๐ง ๐๐ž๐ซ๐ง๐ข๐œ๐ž ๐–๐ž๐ฌ๐ญ
Bok van Blerk en Bernice West het vir die eerste keer saamgespan met die temaliedjie uit die musiekblyspel Die Afrikaner maak so. Nou het hulle weer so gemaak met nog โ€™n liedjie wat deur Johan Vorster en Jacomien de Wet (Jan de Wet se dogter) geskryf is en waarin hulle sing van beste vriende wat verlief raak. Dit gaan vir seker โ€™n groot treffer word!
โ€œ๐Ž๐ฉ ๐๐ข๐ž ๐ฉ๐ฅ๐š๐š๐ฌโ€ โ€“ ๐Œ๐š๐ซ๐ข๐ฎ๐ฌ ๐–๐ข๐ฅ๐ฅ๐ž๐ฆ๐ฌ๐ž
Baie mense het die begeerte om van die stadslewe af weg te breek en op โ€™n plaas te woon, maar die druk van die samelewing om โ€™n tersiรชre kwalifikasie te kry, asook ouers se verwagtinge van hul kinders, verhinder hulle om dit te doen. Marius se debuut-enkelsnit, wat Jade Stom en Neil Somers saam met hom geskryf het, vertel die storie van iemand wat gedoen het wat die samelewing van hom verwag het, maar nou die vryheid van die plaaslewe geniet. Dit is โ€™n snit wat by โ€™n groot gehoor aanklank sal vind.
โ€œ๐€๐Ÿ๐ซ๐ข๐ค๐š๐š๐ง๐ฌ ๐ก๐ž๐ญ ๐ง๐ข๐ž ๐›๐ซ๐ข๐ž๐ค๐ž ๐ง๐ข๐žโ€ โ€“ ๐€๐ง๐๐ซ๐ข๐žฬˆ๐ญ๐ญ๐ž
Dis moeilik om te glo dat Andriรซtte al byna twintig jaar op die musiektoneel is. Sy het haarself gevestig as een van ons land se gewildste sangeresse en sy het tot dusver โ€™n spul treffers gehad, veral โ€œSewe oseaneโ€, โ€œBittesoet van liefdeโ€, โ€œDruppel in die seeโ€, โ€œPรชrel vir โ€™n kroonโ€ en โ€œVlerke in die windโ€. Nou is sy terug met haar jongste enkelsnit, โ€œAfrikaans het nie brieke nieโ€, wat sy saam met Emil Struwig geskryf het. Daar is baie mense wat glo dat danstreffers oppervlakkig en platvloers is of moet wees, maar met hierdie liedjie bewys sy dat dit nie die geval hoef te wees nie. Dit is een van die lekkerste treffers van die jaar en dit sal die dansvloere sommer vinnig vol kry! Andriรซtte het die kol met hierdie een getref!
โ€œ๐Š๐ฅ๐š๐š๐ซ ๐ ๐ž๐ฐ๐ž๐ž๐ญโ€ โ€“ ๐‹๐ข๐ฌ๐ข๐ž ๐๐š๐ฌ๐ฌ๐จ๐ง
Nog โ€™n voormalige deelnemer aan Die Kontrak wat haarself in die musiekbedryf gevestig het, is Lisie Basson. Hoewel haar klank na alternatiewe rock toe neig, is dit steeds kommersieel toeganklik; sy het trouens groot sukses met haar debuut-enkelsnit, โ€œ23โ€, behaal. Haar jongste enkelsnit, โ€œKlaar geweetโ€, is pas vrygestel; hierin sing sy van โ€™n nuwe verhouding en die wete dat daardie persoon โ€™n
groot rol in jou lewe gaan speel. Die vervaardiger van die musiekvideo was Georic Lomas, wat sy al jare lank ken. Sy is beslis โ€™n uiters talentvolle sangeres wat dit nog ver gaan bring; die feit dat sy โ€™n elektriese kitaar kan bespeel, tel baie sterk in haar guns!
– Daantjie Badenhorst