Die Voortrekkermonument en die FAK is diep geraak deur โn ongelooflike daad van vrygewigheid wat werklik die gees van die feestyd vasvang!
As deel van die Gelofteweek-feesvieringe bied die VTM โn somerpret-vakansieprogram aan vir kinders van 5-13 jaar oud. Buffelsfontein Brandewyn het besluit dat hulle ook deel wil wees van hierdie storie en het dit vir kinders van die President Kruger-kinderhuis moontlik gemaak om ook aan die pret en feestelikheid te kom deelneem.
Henk Maree, bedryfshoof van die Voortrekkermonument, was verheug toe hy hoor van die pragtige gebaar.
โOm op hierdie kinders se gesiggies te sien hoe hulle dit geniet om te swem in hierdie warm son, en hoe lekker hulle speel, laat mens regtig โn warm gevoel kry,โ sรช Maree.
Hierdie borgskap herinner ons aan die opregte krag van gee en die vreugde om betekenisvolle ervarings vir die volgende generasie te skep.
โDie kinders het dit ongelooflik baie geniet! Hulle het heerlike worsbroodjies gehad, lekker geswem en gespeel op die glybaan. Hierdie geleentheid wat Buffelsfontein vir hulle moontlik gemaak het, is presies waaroor die feestyd gaan,โ meen Vianca Bodenstein, projekbeampte van die Voortrekkermonument.
Ichnus Wait, medestigter van Buffelsfontein Brandewyn, beklemtoon dat liefdadigheid โn kernsaak vir die groep is.
โBy die Buffelsfontein Groep is ons verbintenis tot liefdadigheid gebou op โn fondament van deernis en omgee. Deur ons opregte werk met baie verskillende kinderhuise en welsynsorganisasies wat met kinders te doen het, streef ons daarna om โn blywende verskil te maak in die lewens van diegene wat dit die nodigste het, om te verseker dat elke kind die geleentheid het om te groei, te floreer en hul volle potensiaal te bereik,โ sรช Wait.
Dankie, Buffelsfontein, dat julle โn verskil in hierdie jong lewens gemaak het! Saam versprei ons die gees van hoop, vreugde en gemeenskap tydens hierdie feestyd.