Taylor Ferreira, een van die algehele wenners van die Graad 3 tot 5 kategorie, by vanjaar se FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo, het gehore bekoor met haar kreatiewe inskrywing in die Voordrag-kategorie, waarin sy 100% behaal het. Om aan hierdie geleentheid te kon deelneem, het haar liefde vir skryf versterk en haar passie vir Afrikaans aangevuur.
Toe Taylor uitgevind het dat sy die algehele wenner is, het sy haar opgewondenheid in een enkele woord uitgespreek: โFantasties!โ Haar liefde vir haar moedertaal sowel as entoesiasme vir die prestasie was duidelik.
Die inspirasie agter Taylor se werk kom uit haar eie ervarings. โEk kon met die karakters identifiseer,โ verduidelik sy, โOns is ook โn gesin wat lief is vir kamp en enige avontuur.โ
Deur hierdie prestasie te behaal, vier Taylor nie nรฉt haar passie vir lees en om stories te vertel nie, maar beklemtoon sy ook die belangrikheid van familie en avontuur in โn jong kind se lewe.