
Jy en jou jou gesin word saamgenooi om die bakens te besoek wat die storie van hierdie vaders vertel. Ons besoek die plekke waar die kampe was, ’n uitkyktoring, ’n gedenkmuur, grafte en ’n sarkofaag van diegene wat oorlede is terwyl hulle in die oorgangskampe was. Die hospitale is ook op die roete.
Die toer, oor ’n afstand van ongeveer 65 km, begin by Maitland-begraafplaas. Van Maitland af ry ons na Groenpunt vir die volgende besoekpunt en daarvandaan kies ons koers deur ’n pragtige deel van die Kaap na Simonstad oor Ou Kaapse weg. In Simonstad sluit ons die toer af op die strand.