In 1870 vertrek vier Marais-broers, Frederik, Abraham, Christian en Jannie, vanaf hulle โgeboorteplaas Coetzenburg, toe nog op die buitewyke van Stellenbosch, na die Gong Gong-โdiamantdelwery tussen die Vaal- en Hartsrivier in die Noord-Kaap. Soos baie ander delwers is hulle โhoopvol om diamante te vind. Vanaf Gong Gong gaan hulle in 1871 na Kimberley met die groot โstormloop.โ
Die broers se harde werk, deursettingsvermoรซ en vindingrykheid om geleenthede te benut word โbeloon. Na 20 jaar keer Jannie Marais terug na Stellenbosch as โn vermoรซnde man en raak hy โbetrokke by talle ondernemings en inisiatiewe op Stellenbosch waartoe hy en sy broers finansieel โruim bydra. Hieronder tel die vestiging van Victoria-kollege as โn volwaardige universiteit, bydraes tot โdie oprigting van universiteitsgeboue, koshuise en sportvelde, die Stellenbosch-stadsaal, โn โhospitaal, die Christelijke Jongelieden Vereniging-saal en die oprigting van NASPERS en die Afrikaanse โkoerant, ๐๐ช๐ฆ ๐๐ถ๐ณ๐จ๐ฆ๐ณ. โ
Op Saterdag 24 Mei het โn groep FAK-vriende deur Stellenbosch gereis om die storie van Jannie โMarais, die Goeie Gewer soos hy bekend geword het, te hoor, hom as mens te leer ken en dรญt wat hy โnagelaat het te besoek. Die groep ontmoet mekaar by die graf van Jannie Marais in die Onder-โPapegaaiberg- begraafplaas. Jannie was die jongste van nege kinders waarvan die meeste met hulle โeggenotes hier in โn Marais-akker langs hul ouers begrawe is.โ

Jannie en sy vrou Elizabeth (tante Bes) was kinderloos. Hulle was geliefd onder die studente en het โdikwels studente by hul huis op Coetzenburg ontvang. Tante Bes het menige student gemotiveer en โgeรฏnspireer. Op die universiteitsplein, waar baie studente daagliks beweeg, staan โn standbeeld van โJannie Marais deur die beeldhouer Coert Steynberg. Ons gesels lekker oor hierdie man tydens โbesoeke aan die argief en die biblioteek. Jannie Marais was nederig, nie iemand wat op die โvoorgrond wou wees nie. Ons vertoef by geboue wat met hom verband hou en besoek sy eertydse โwoonhuis voor ons โn heerlike samesyn rondom โn interessante storie uit ons geskiedenis afsluit met โโโn middagete in die Jannie Marais Botaniese Tuin.โ
Jannie Henoch Marais, โn Franse Hugenote-afstammeling van die stamvader Charles Gerhardus โMarais wat in 1688 met sy gesin met die skip ๐๐ฐ๐ฐ๐ณ๐ด๐ค๐ฉ๐ฐ๐ฐ๐ต๐ฆ๐ฏ na die Kaap gekom het, is op 30 Mei โโ1915 oorlede, hierdie maand 110 jaar gelede. Die FAK huldig hom vir die bydrae wat hy gemaak het โtot die bevordering van Afrikaans en hoรซr onderwys
