Die FAK nooi jou op ’n ontdekkingsreis per voet deur tyd in die Kaap. Tydens hierdie staptoer word aandag gevestig op Jan van Riebeeck en ander interessante historiese bakens in Kaapstad, veral uit die VOC-tydperk, wat verband hou met hom en die 10 jaar wat hy aan die Kaap deurgebring het.

Ons stap deur paaie wat voorheen strand was waaroor die see gespoel het, staan op die plek waar Van Riebeeck sy voet aan wal gesit en die eerste fort gebou het, besoek die merkwaardige oorblyfsels van ’n 1663-reservoir, die vars waterput en historiese plein waar VOC-bemanning en dorpsbewoners water geskep en handel gedryf is. Ons stap ook deur Jan se groentetuin om meer te leer oor die voedsel van die VOC-tydperk. Trek jou stapskoene aan en kom beleef waar alles begin het en hoe dit ander moontlikhede en vooruitgang bewerkstellig het.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R90 (Toerprys onderhewig aan verandering)
  • Ontmoetingspunt: Thibault-plein
  • Eindbestemming: Die Kompanjiestuin
  • Duur van toer: 4½-5 ure
  • Wat het jy nodig? Stapskoene, water en sonskermroom