Die Kaapse kultuurnetwerk druk hand in eie boesem om Barend Bartholomeus (Bennie) Keet, een van die vyf 1933-Bybelvertalers, se graf te herstel. Sy graf is in die Onder-Papegaaiberg-begraafplaas in Stellenbosch.

Die woorde op die beeld van Handelinge 2:11, “Ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek”, was verdof en dit het baie moeite geverg om te lees. Die grafsteen spog nou weer met helder silwer letters.

“Die boodskap van Handelinge 2:11 spreek weer en bevestig die groot werk wat Afrikaanse Bybelvertalers sedert 1933 doen. Ons kan die Bybel in ons eie taal lees en verstaan danksy die volgehoue ywer van etlike vertalers wat oor baie jare hierby betrokke was of steeds is,” sê Juanine Kok, kultuurorganiseerder in die Kaapprovinsies.

Die FAK is trots om deel te wees van erfenisbewaring.

Foto’s:

In die foto’s kan die ou verweerde blad gesien word en dan ook foto’s van die nuwe glafblad nadat dit gerestoureer is.

Dankie aan JA Clift Granietwerke in die Paarl vir die herstel van die letterwerk