“’n Volk wat sy taal prysgee verloor sy selfrespek. En ’n volk wat sy selfrespek verloor, verloor alles.”

Met hierdie woorde het generaal Barry Hertzog tydens ’n parlementsitting die grondslag gelê om Afrikaans as amptelike taal te laat erken en nou, in die jaar wat Afrikaanssprekendes reg oor die land Afrikaans 100 vier, onthou die FAK weer die lewe en nalatenskap van dié legendariese man op die herdenking van sy geboortedag, 3 April 1866.
Generaal James Barry Munnik Hertzog is in 1866 op ’n plaas naby Wellington in die Boland van die Kaapkolonie gebore.

Hy is die regeringshoof wat die langste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gedien het, van 1924 tot 1939. Vanjaar 159 jaar na die geboorte van dié legendariese Afrikanerleier kyk die FAK dankbaar terug op die diep spore wat hy getrap het én die wysheid waarmee hy die leiers van die toekoms geïnspireer het.

Lees hier meer oor Barry Hertzog.

In 2022 het die FAK die voorreg gehad om in Hertzog se huis, waar sy kleinseun Basie en sy eggenote, Tilla vandag steeds bly, Hertzoggies en tee te geniet, en te luister na die verhale wat oom Basie oor sy oupa vertel het.

Lees hiér meer.

Op 5 April gaan die FAK, in samewerking met die Moths (Ratel-, Crater- en Gonda Shellhall), ’n kranslegging by die Hertzog-familiebegraafplaas hou en ons wil jou graag uitnooi om sáám met ons hulde aan hom te bring!