“Die FAK verbind hom tot vryheid in die rykste sin van die woord. Dit is die grondslag, en daarom bou ons met wat ons doen. Die kern van die boodskap – die toekoms wink, kom saam.” Dit is wie en wat die FAK is. Dit was die duidelike boodskap van die nuwe voorsitter van die FAK se direksie, Carel Boshoff, by die FAK se uitnemende prestige-toekenningsaand.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op Vrydag 1 November sy gesogte jaarlikse Prestige-aand aangebied om uitstaande prestasies in kuns, joernalistiek en kulturele erfenis te vier.

Vier vooraanstaande pioniers is vanjaar erken vir hul uitsonderlike bydraes tot die behoud en bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. Die ontvangers van die gesogde toekennings is prof. Danie Goosen, sangeres Sonja Heroldt, joernalis Barnard Beukman, en skrywer en filmvervaardiger Carl Theunissen.

Vir dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, is die aand baie spesiaal:  “Die FAK is vanjaar 95 jaar jonk. Vanjaar is die 70ste jaar wat die FAK dankie sê vir uitnemendheid. Aan al die FAK-vriende en familie, baie dankie. Hierdie prestige-aand voel regtig al teen die tyd vir my soos ‘n familiebyeenkoms.”

Prof. Danie Goosen, wat vanjaar afgetree het as die langsdienende voorsitter van die FAK, is vereer vir sy twee dekades van visioenêre leierskap en baanbrekerswerk. Onder sy leiding het die FAK kop en skouers uitgereis en besonderse kulturele ontwikkeling gesien. Met die ontvangs van hierdie erkenning het Goosen.

“Ek wil regtig net baie dankie sê. Die afgelope paar jaar was regtig wonderlik. Ons het regtig by die FAK ‘n vriende kring en ‘n familie geword. Wat ‘n groot voorreg was dit nie gewees om saam te kon werk en te bou aan die FAK nie.  Wat so wonderlik was vir my en die direksie was om te sien hoe die FAK onder Danie Langer, as’t ware sy historiese vesels herontdek het en dat dit juis die voorwaarde was vir die wonderlike groei wat die FAK al deur gemaak het.”

Sonja Heroldt, ’n ikoon in die Afrikaanse musiekwêreld, is gevier vir haar baanbrekende impak op die kunste. Heroldt, bekend vir haar sielvolle stem wat generasies geïnspireer het, het haar dank teenoor die FAK uitgespreek.

“Ek wil regtig net baie dankie sê. Die afgelope paar jaar was regtig wonderlik. Ons het regtig by die FAK ‘n vriendekring en ‘n familie geword. Wat ‘n groot voorreg was dit nie gewees om saam te kon werk en te bou aan die FAK nie.  Wat so wonderlik was vir my en die direksie was om te sien hoe die FAK onder Danie Langner as’t ware sy historiese vesels herontdek het en dat dit juis die voorwaarde was vir die wonderlike groei wat die FAK al deurgemaak het.”

Barnard Beukman, gesoute joernalis en koerantredakteur, het erkenning gekry vir sy onwrikbare toewyding aan kwaliteitjoernalistiek en sy rol om die Afrikaanssprekende gemeenskap in te lig en te bemagtig.

“Ek voel baie bevoorreg om so klein deeltjie van die kollig met Danie Goosen te deel vanaand. Hierdie toekenning word vanaand ontvang deur ‘n hele span. Dankie aan die direksie en aan die FAK dat daar so ‘n toekenning bestaan en die hoogtepunt dat ek dit mag ontvang.”

Skrywer, rolprentvervaardiger en jarelange FAK-ondersteuner Carl (Tienie) Theunissen het ’n toekenning ontvang vir sy lewenslange bydraes tot die literêre en filmwêreld. Sy stories vang al dekades lank die gees van die Afrikaanse kultuur vas.

“Met ontvangs van hierdie wonderlike toekenning van die FAK is daar een word wat vir my uitstaan en dit is “staan”. Ek het grootgeword met die FAK se leuse – handhaaf en bou. Een van die stigterslede van die FAK, dr. NJ van der Merwe, het self gesê ‘ken jouself, wees jouself en staan self’. Baie dankie vir hierdie toekenning, ek is opreg dankbaar.”

Die FAK het sedert sy stigting in 1929 met trots erkenning gegee aan leiers wat ’n blywende stempel op die Afrikaanse gemeenskap afgedruk het. Die FAK bly dus daartoe verbind om die Afrikaanse taal, erfenis, kultuur en geskiedenis te vier en te beskerm, om te verseker dat toekomstige geslagte sal voortgaan om inspirasie uit hierdie ryk en lewendige bron te tap.