Die FAK het met skok verneem van die afsterwe van ‘n geliefde skilder van Rosendal.

Dit is met diepe hartseer dat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) van Wim Rautenbach, ‘n geliefde figuur in Suid-Afrika se kunste gemeenskap moet afskeid neem. Rautenbach is in die ouderdom van 49 oorlede.

Wim, ‘n geliefde kunstenaar en eienaar van die Stallery-kunsgalery, was bekend vir sy spontane en vloeiende styl. Ten spyte van sy teruggetrokke aard, is hy diep gewaardeer deur diegene wat hom geken het.

Die polisie het bevestig dat geen misdaad gepleeg is nie, en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. Wim se heengaan beteken ‘n groot verlies vir die Rosendal-gemeenskap en die kunswêreld.

Ons gedagtes is by sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.