Vanjaar herdenk ons op 16 Desember Groot Trek 185. Tydens die Moord by Bloukrans is 185 kinders vermoor. Hulle word spesiaal onthou deur ’n ruiker van 185 rose op die senotaaf. Daar is 185 bome by Bloedrivier geplant.

Is dit moontlik dat 185 000 Afrikaners ter herdenking van Groot Trek 185 vanjaar regoor Suid-Afrika, Namibië en in die buiteland Geloftedag kan vier? Verseker! Vanjaar se Geloftedag speel af teen die agtergrond van ’n stukkende land wat tot in die afgrond bestuur word, politieke onstuimigheid en ekonomiese swaarkry. Op Geloftedag kyk Afrikaners op na die Here met ’n belydenis van afhanklikheid. Dit is ’n dag waar die eer van Sy naam sentraal staan.

As jy deel van die 185 000 Afrikaners is wat Geloftedag iewers gaan bywoon, registreer by https://vtm.org.za/ek-is-een-van-185000/. Dui aan hoeveel van jou gesin en waar jy Geloftedag gaan bywoon. Op die manier wys Afrikaners Geloftedag leef nie net in ons harte nie, maar in ons dade. Hier staan ons. Steeds.

Vind meer uit oor die Geloftefees in jou omgewing deur hieronder te klik op die provinsie waar jy gaan wees.

Dankie aan Ditsem vir die saamstel van die lys.

Gauteng

KwaZulu-Natal

Limpopo

Mpumalanga

Noord-Kaap

Noordwes

Oos-Kaap

Vrystaat

Wes-Kaap

Buiteland