• Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het tussen 400 en 500 Iere hulle met die Boere se stryd om vryheid vereenselwig. Dit was ’n kameraadskap wat vandag steeds voortleef in ons verhale én monumente reg oor die land. Een so monument is die Ierse Monument in Orania waar die FAK op 17 Maart, op die herdenking van [...]

  • ’n Groep jong orkeslede van die FAK se Jeugsimfonieorkes (JSO) het die afgelope naweek, 14 tot 16 Maart, instrumente in die hand die langpad tussen Pretoria en Parys aangedurf vir hul eerste oefenkamp vir 2025. Die JSO is in 2022 gestig en het in dié drie jaar gegroei tot ’n spogorkes van 23 lede. Drie [...]

  • Die Duitse komponis Robert Schumann het eens gesê: “Musikante se plig is om lig in die duister van mense se harte in te stuur,” en min mense het dié plig so getrou nagekom soos oom Chris Lamprecht. Daarom het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) besluit om hom vanjaar te vereer.In 2016 het die FAK [...]

  • “Die FAK is reeds vir die afgelope 96 jaar die beskermer van die Afrikaanse kunste en dit is baie spesiaal om ’n nuwe geslag beskermers te ontmoet wat aktief die fakkel van die Afrikaanse kuns, kultuur en erfenis die toekoms in dra.” Só vertel Sallas de Jager, nasionale hoof van kuns en musiek van die [...]

  •   Genl. Gert Opperman en sy vrou, Ria, tydens die bekendstelling van sy boek, Uit genade, bo verdienste!, in die De Kroonsaal by Fort Schanskop. Genl. Gert Opperman, wat vir 11 jaar aan die stuur van die Voortrekkermonument was, het onlangs ’n outobiografie, Uit genade, bo verdienste!, die lig laat sien. Len Dekker, [...]

  • Met etenstyd tydens die gesamentlike direksieberaad is daar is heerlik onder die Voortrekkermonument se skadu saamgekuier . Die Voortrekkermonument het die naweek sy jaarlikse direksieberaad saam met die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge(FAK) en Erfenisstigting gehou. Vanjaar is dit op die Voortrekkermonument se terrein gehou waar dit verlede jaar by die FAK se Udolpho-rivierplaas [...]

  • Die Onvoltooide Gesprek, ’n versameling van prof. Danie Goosen se uitgebreide bydraes oor dekades heen, is Saterdag 8 Maart amptelik bekendgestel tydens die gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM), die Erfenisstigting (ES) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Dié boekbekendstelling was nie net ’n geleentheid ter viering van die organisasies se toekomsgerigte planne nie, [...]

  • In ’n reuse- tegnologiese sprong die toekoms in om die Afrikaanse taal, tradisies, kultuur en erfenis vir komende geslagte te bewaar, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) op Vrydag 7 Maart ’n innoverende Erfenistoepassing (app) bekendgestel. Dié baanbrekerapp plaas erfenis in jou handpalm en stel individue in staat om nie net ambassadeurs en beskermhere [...]

  • Kulturele leierskap, sakevernuf en erfeniseienaarskap is drie woorde wat ’n mens met groot vrymoedigheid by die enorme erflating van Nicolaas Cornelius (Nico) Tromp kan voeg. Tromp is Vrydag 7 Maart tydens ’n gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ’n baie gepaste huldeblyk vereer: ’n borsbeeld in die [...]

  • Gaste luister aandagtig na dr. Marius Ackermann se Moerdijk-gedenklesing met die tema: “Jan Smuts, die Afrikaner – 75 jaar later” (Foto: Niël Langner) Heelwat Afrikaners het ’n sterk agterdog jeens genl. Jan Smuts (1870-1950) oor sy uitgesproke pro-Britse beleid kort ná die afloop van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Hy was egter ’n geniale leier [...]