Wanneer jy vandag teen die trappe van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl opstap, trek die woorde “Dit is ons erns”, in groot letters uitgeëts in die plaveisel van die paadjie na die monument, dadelik jou aandag ... Dit is nie net woorde nie, maar ’n opdrag om eienaarskap van jou taal te neem; ’n [...]
Veertig jaar gelede, op 5 Maart 1985, is die vader van die geliefde Trompie- en Saartjie-boekreekse, Matthys Gerhardus Smith, in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Die FAK vier in die gees van Afrikaans se 100ste bestaansjaar vanjaar opnuut dié meesterstorieverteller se ryk storienalatenskap. Volgens Dawid Brand, hoof: beeld en groei van die FAK, het [...]
Katinka Heyns, die vervaardiger van Fiela se Kind deel haar herinneringe van die verfilmingsproses met die FAK-lede in die Kaap. (Foto: Verskaf) Dit is ’n besondere kuns om gehalte- Afrikaanse rolprente met ’n dieper inslag en terselfdertyd vir die genot van ’n groter gehoor te vervaardig – ’n kuns wat Sonneblom Films sedert [...]
Op 16 Desember 1949 het dr. D.F. Malan voor ’n skare van duisende, aan die voet van die pas ingewyde Voortrekkermonument in Pretoria, gestaan en gevra: “U wat uself Afrikaner noem, waar gaan jy heen? Sal Suid-Afrika nou en altyd vir uself en vir u kinders die uitdaging aanneem en moedig, vasberade u taak aanvaar [...]
’n Golf van opgewondenheid en trots het op 24 Februarie deur Die Hoërskool Menlopark se gange gebruis toe die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die FAK-Jeug ’n spesiale toekenning aan dié skool oorhandig het. Dié toekenning vir akademiese uitnemendheid en moedertaaltrots kom nadat die Hoërskool Menlopark die meeste onderskeidings landwyd in Afrikaans Huistaal [...]
Elsa Cornelissen se kuns is meer as net verf op ’n doek – dit is ’n diep persoonlike uitdrukking van haar emosies, ervarings en lewenslange reis as kunstenaar. Met ’n loopbaan wat oor vier dekades strek, het Elsa die fyn balans tussen onderrig en skep bemeester, en poog om mense te bly inspireer met haar [...]
Plato, die bekende filosoof, het eens gesê: “Musiek gee ’n siel aan die heelal, vlerke aan die gees, vlug aan die verbeelding en lewe aan alles.” Só is musiek ook die hartklop van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) wat die afgelope week toekennings oorhandig het aan twee ware legendes in Afrikaanse musiek, Richard van [...]
Laerskool Welgemoed se geesdriftige deelname aan die jaarlikse FAK-Afrikaans-Ekspo is beloon toe die skool onlangs as die nasionale laerskoolwenner vir 2024 aangewys is. Personeel van die FAK se kantoor in die Wes-Kaap het die toekenning aan Johan Engelbrecht, hoof van Laerskool Welgemoed, oorhandig. Onder leiding van Hanmari Pretorius, dié skool se Afrikaans-vakhoof, het Laerskool Welgemoed [...]
Soos ’n mens deur die rye grafte in die Heldeakker stap, lees jy nie net name soos Pretorius, Kruger, Pierneef, Marais in granietblaaie geëts nie, jy lees die diepgewortelde verhaal van Afrikaans – ’n storie wat my én jou verhaal vandag nog vorm! Die Heldeakker is ’n geskiedkundige deel van die Kerkstraat-begraafplaas in Pretoria se [...]
Die Navorsingstrust van die Erfenisstigting nooi navorsers hartlik uit om vir finansiering vir gevorderde studie aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2025. Die Navorsingstrust is in 2005 deur die Erfenisstigting (ES) op die been gebring. Die ES is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en het ten doel om met belanghebbende instellings [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00
