• “Die FAK is reeds vir die afgelope 96 jaar die beskermer van die Afrikaanse kunste en dit is baie spesiaal om ’n nuwe geslag beskermers te ontmoet wat aktief die fakkel van die Afrikaanse kuns, kultuur en erfenis die toekoms in dra.” Só vertel Sallas de Jager, nasionale hoof van kuns en musiek van die [...]

  •   Genl. Gert Opperman en sy vrou, Ria, tydens die bekendstelling van sy boek, Uit genade, bo verdienste!, in die De Kroonsaal by Fort Schanskop. Genl. Gert Opperman, wat vir 11 jaar aan die stuur van die Voortrekkermonument was, het onlangs ’n outobiografie, Uit genade, bo verdienste!, die lig laat sien. Len Dekker, [...]

  • Met etenstyd tydens die gesamentlike direksieberaad is daar is heerlik onder die Voortrekkermonument se skadu saamgekuier . Die Voortrekkermonument het die naweek sy jaarlikse direksieberaad saam met die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge(FAK) en Erfenisstigting gehou. Vanjaar is dit op die Voortrekkermonument se terrein gehou waar dit verlede jaar by die FAK se Udolpho-rivierplaas [...]

  • Die Onvoltooide Gesprek, ’n versameling van prof. Danie Goosen se uitgebreide bydraes oor dekades heen, is Saterdag 8 Maart amptelik bekendgestel tydens die gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM), die Erfenisstigting (ES) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Dié boekbekendstelling was nie net ’n geleentheid ter viering van die organisasies se toekomsgerigte planne nie, [...]

  • In ’n reuse- tegnologiese sprong die toekoms in om die Afrikaanse taal, tradisies, kultuur en erfenis vir komende geslagte te bewaar, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) op Vrydag 7 Maart ’n innoverende Erfenistoepassing (app) bekendgestel. Dié baanbrekerapp plaas erfenis in jou handpalm en stel individue in staat om nie net ambassadeurs en beskermhere [...]

  • Kulturele leierskap, sakevernuf en erfeniseienaarskap is drie woorde wat ’n mens met groot vrymoedigheid by die enorme erflating van Nicolaas Cornelius (Nico) Tromp kan voeg. Tromp is Vrydag 7 Maart tydens ’n gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ’n baie gepaste huldeblyk vereer: ’n borsbeeld in die [...]

  • Gaste luister aandagtig na dr. Marius Ackermann se Moerdijk-gedenklesing met die tema: “Jan Smuts, die Afrikaner – 75 jaar later” (Foto: Niël Langner) Heelwat Afrikaners het ’n sterk agterdog jeens genl. Jan Smuts (1870-1950) oor sy uitgesproke pro-Britse beleid kort ná die afloop van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Hy was egter ’n geniale leier [...]

  • Perderesies in Majubaberg se skaduwee. (Foto: Etienne Hansen) ’n Besoek aan Majuba is nie sommer ’n gewone besoek aan ’n geskiedkundige besienswaardigheid nie. Wanneer jy aan die voet van hierdie enorme berg staan en jou oë opslaan, word elkeen van jou hartsnare geroer, vir al die regte redes. Ongeveer 400 Boere het die [...]

  • Wanneer jy vandag teen die trappe van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl opstap, trek die woorde “Dit is ons erns”, in groot letters uitgeëts in die plaveisel van die paadjie na die monument, dadelik jou aandag ... Dit is nie net woorde nie, maar ’n opdrag om eienaarskap van jou taal te neem; ’n [...]

  • Veertig jaar gelede, op 5 Maart 1985, is die vader van die geliefde Trompie- en Saartjie-boekreekse, Matthys Gerhardus Smith, in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Die FAK vier in die gees van Afrikaans se 100ste bestaansjaar vanjaar opnuut dié meesterstorieverteller se ryk storienalatenskap. Volgens Dawid Brand, hoof: beeld en groei van die FAK, het [...]